Goeie nuus rock fans! Fokofpolisiekar het vroëer vandag ‘n splinternuwe musiekvideo vrygestel vir hulle song, Parkiebank, herfs 2017 (wat op die Selfmedikasie album is) en dis moerse cool.
Fokofpolisiekar het op 3 Oktober 2017 amptelik hul derde vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel. Geskiedenis sal terugkyk na Fokofpolisiekar as ’n betekenisvolle kulturele fenomeen. Van meet af aan trek hulle aan drade wat debatte ontketen en wat emosies ontrafel. Hulle krap al vir jare aan die ongemaklike om sodoende ’n vars asem in taal en kultuur te blaas. Die Bende doen so voort met die musiekvideo vir Parkiebank, herfs 2017.
Fokofpolisiekar wou iets meer as net ’n musiekvideo maak en só ’n sosiale dialoog aanvuur. Hulle het die visuele kunstenaar, Sean Metelerkamp, genader wat in 2008 ’n musiekvideo van “Antibiotika” vir die groep gemaak het.
Parkiebank, herfs 2017 bestaan uit drie dele:
- ’n “Konvensionele” musiekvideo,
- ’n reeks onderhoude wat jong Afrikaners se sienings oor hul plek in die wêreld en hoe hulle hul toekoms sien, dokumenteer en
- ‘n virtuele realiteit-wêreld wat nog net Francois van Coke gesien het.
Fokofpolisiekar het in November 2017 via hul sosiale media-netwerke mense uitgenooi om deel te neem aan die Parkiebank, herfs 2017-musiekvideo. Onderhoude is gevoer in Durbanville, Stellenbosch en Bloemfontein. Enigiemand kon meedoen en almal se opinies is gedokumenteer sonder oordeel. Met die opbou na die musiekvideo se bekendstelling is van hierdie onderhoude oor die afgelope twee weke op Fokofpolisiekar se sosiale netwerke gedeel. Die portuurgroep se sienswyses is uiteenlopend en inspireer meer vrae as antwoorde.
Hier is wat Hunter Kennedy, liriekskrywer en kitaarspeler vir Fokofpolisiekar sê oor die video:
“Uiteindelik dink ek die punt van die lied is om mense te kry om net weer hulleself belangrike vrae af te vra rondom identiteit en die rol wat hul hulself sien speel in ons breë samelewing om sodoende mense te kry om ingeligte besluite te kan neem,”
“In die stuk bepeins ek finansiële welvaart as ‘n maatstaf van sukses en die etiese dilemma rondom rykdom in ‘n land soos ons s’n, waar as gevolg van eeue se kolonialisasie, burgeroorloë, uitbuiting van goedkoop handearbeid en natuurlike hulpbronne, blatante rassistiese onderdrukking en in ‘n post-demokratiese milieu, ons slagoffers was van grootskaalse wanbestuur; die ryk/arm lyn nog steeds ‘n kleur het.”
“Dit handel ook oor die maatstaf van geluk volgens prestasie en die teenstrydigheid van jou hele lewe lank werk om eendag niks te kan doen nie.”
“Duidelik het ek ’n probleem met vasgevang wees in ons produk-gedrewe, kapitaal-sentriese bestaan en ek dreig gereeld om te ontsnap, maar ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?”
“My haat/liefde verhouding met die media lei na baie slapelose nagte. Ek het soms ‘n dringende paranoia op my van die nuus lees en dan vermaak ek die idee van ontsnap. Van nie net die lokvalle van weelde en rykdom nie, maar ook van die rasse-diskoers in ons land (dit was toe Bell-Pottinger se plan ‘gepeak’ het).”
“Ek voel baie keer ek hoort nie hier nie, maar dan wonder ek ook waar ek nou eintlik hoort. In ander stukke het ek al die geldigheid van grense in ons al hoe meer geïntegreerde wêreld bevraagteken en ek voel dat ons, en die mense wat soos ons is, nie dink aan onsself as patriotte nie en dus het ons nie tuisland nie en het in fact nie een nodig nie.”
“‘Wat maak ons nog hier?’ is ’n oproep tot aksie om interne ondersoek in te stel en met die vraag te worstel tot jy ’n antwoord het.”
Die groot vraag is nou, “Wat sien Francois Van Coke in sy virtuele wêreld?” Check die video hier onder om uit te vind. Ek dink hierdie is ‘n absolute meesterstuk en heel waarskynlik die beste Suid-Afrikaanse musiekvideo van 2018 (al is die jaar nog net 18 dae oud).
Fokofpolisiekar gaan op Sondag, 21 Januarie ’n monster van ’n 90 minute-vertoning lewer by Kirstenbosch in Kaapstad. Die gehoor sal trakteer word op al Die Bende se ou en nuwe gunstelinge en liedjies van die nuwe album, Selfmedikasie, sal vir die eerste keer hier gespeel word.
Hulle gaan van die geleentheid gebruik maak om ’n musiekvideo vir hul hartroerende ballade, Komma, daar op te neem. Kry nou jou kaartjie om deel te wees van hierdie spesiale gebeurtenis.
As jy nie die vertoning kan maak nie, check Fokofpolisiekar live by een van hierdie festivals / venues later in 2018:
- 27 Januarie 2018 – Up The Creek Festival – Barrydale, Wes Kaap
- 1 Februarie 2018 – PUK Jool – Potchefstroom, Noord Wes
- 4 Maart 2018 – Concerts in The Park – De Waal Park, Kaapstad
- 5 Maart 2018 – Woordfees – Stellenbosch, Wes Kaap
- 23 Maart 2018 – International Tattoo Convention – The Lookout, V&A Waterfront, Kaapstad
- 31 Maart 2018 – Lush Festival – Clarens, Vrystaat
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!