Goeie Nuus! Francois Van Coke se tweede album, “Hierdie is die Lewe”, sal op 2 Februarie 2017 geloods word. Die album kan reeds voorafbestel word by iTunes of Google Play. Mensdom en die eerste musiek video vanaf die album, is alreeds op die 10de November 2016 vrygestel.
Permanent Record het ook onlangs ‘n 7” kortspelerplaat vrygestel met Mensdom en ‘n B-kant snit genaamd Klein Prys. Francois het hierdie liedjie vir Fokofpolisiekar, oftewel Die Bende, geskryf. Klein Prys handel oor die nalatenskap wat die groep deel en die moeilike tye wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is.
Francois dink terug aan die ou dae toe Fokofpolisiekar begin het, die kanse wat hulle gewaag het, die opofferings wat hulle moes maak en die avonture wat hulle gedeel het.
Na al die jare en alles wat hulle saam deurgemaak het, bly hulle familie en floreer steeds as ‘n musiekgroep. “Dis ‘n voorreg om so ‘n lang pad saam met die Fokof manne te loop en nogsteeds gereeld shows saam met hulle te kan speel,” sê Francois.
Francois Van Coke het ‘n baie spesiale musiekvideo vir Klein Prys laat maak
Die video bevat kosbare beeldmateriaal van hul beginjare en hedendaagse tye. Die beeldmateriaal is nog nooit vrygestel nie en bied ‘n intieme agter-die- skerms kykie na Francois en die groep. Die musiekvideo is deur Nelis Botha gemaak.
Ek moet sê dat die liedjie en die video so bietjie aan my hartsnare geraak het. Ek is ‘n groot liefhebber van Fokofpolisiekar en Francois Van Coke se musiek en hierdie video en liedjie bring rêrig baie memories terug.
Ek sien nogal uit om hierdie liedjie te hoor by een van Francois van Coke se optredes. Julle kan Francois sien by ‘n hele paar plekke is Desember 2016:
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.