Dis nou al 21 jaar later en Fokofpolisiekar wys geen tekens van afkoel nie… Aan die einde van 2023 het Die Bende hul vyfde vollengte album, Dans Deur Die Donker, asook die Fokofpolisiekar {Woorde 2003 – 2023} bundel, wat al hul paradigma-verskuiwende lirieke bevat, uitgereik.
Vroeg in 2025 gaan hulle vir Green Day en The Offspring open by die Calabash konserte. Maar, voor dan gaan hulle optree in die Verenigde Arabiese Emirate (in Mei) en in Nederland en Ierland (in Julie).
Vir nou is Fokofpolisiekar terug met ‘n nuwe musiekvideo en die Dans Deur Die Donker-plaat. En om alles te kroon, het Fokofpolisiekar, tesame met Jägermeister, die volgende generasie rockers opgeroep.
Fokofpolisiekar en Jägermeister het ‘n kompetisie van stapel gestuur
Groepe kon inskryf om vir Fokofpolisiekar te open by hul Dans Deur Die Donker album bekendstellings by Railways Café (26 April) en by Sognage (27 April). Die wenner kry ook ‘n kontant prys van R10 000.
71 groepe en kunstenaars het ingeskryf vir die geleentheid om vir Fokofpolisiekar te open. Da Beach Boyz, ‘n hard-core punk groep, het bo uitgekom.
“Dit was nie maklik om ‘n wenner uit 71 entries te kies nie, maar Da Beach Boyz was die enigste band waarvoor al vyf van ons gestem het. So, dit was dus ‘n eenparige besluit. Ons is almal lief vir punk musiek en Da Beach Boyz doen dit so goed,” vertel Francois van Coke.
“Hopelik sal hierdie geleentheid Da Beach Boyz ‘n bietjie blootstelling gee om na die volgende rat oor te skakel en ‘n nuwe fanbase gee om dinge verder te vat.” sê Wynand Myburgh.
Kom beleef Fokofpolisiekar en die eerste lid van die eksklusiewe NXT FKN GEN klub, Da Beach Boyz, by hierdie shows:
- 26 April 2024: Railways, Centurion – Kry kaartjies hier >
- 27 April 2024 – Sognage, Randburg, Johannesburg – Kry kaartjies hier >
Twee van die ander inskrywings vir NXT FKN GEN, Shongololo en Bcom, gaan ook by hierdie shows optree.
Meer inligting oor Fokofpolisiekar se nuutste musiekvideo
‘Die goeie ou dae’ is ‘n groot gunsteling vanaf die Dans Deur Die Donker album. “Ek wou die kognitiewe vooroordeel uitlig van mense wat verlang na die ‘ou’ Suid-Afrika,” het Hunter Kennedy voorheen gesê oor hierdie snit.
‘n Live optrede musiekvideo (in dieselfde lyn as die ‘Komma’ musiekvideo) is verfilm by Fokofpolisiekar se optrede by die Kirstenbosch Somer Konsert op 10 Maart. Die regie is behartig deur Fokofpolsiekar-lid, Jaco Snakehead Venter.
Kyk die video hier onder:
Die Dans Deur Die Donker plaat gloei in die donker! Wat meer is daar om hieroor te sê, behalwe dat jy die plaat by Fokof.store kan bestel. Peace.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!