Melk Fest 2024 is om die draai! Hierdie fees word vir die 4de keer hierdie gehou op die 4de Mei by Idlewild Country Estate (in die buitewyke van Pretoria).
Meer inligting oor Melk Fest 2024
Melk Fest 2024 se line-up is nogals legit. Snowing Down South, Roxy Louw, Synth Peter, Glaskas, Van Pletzen, Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties, Zaan Sonnekus, Droomsindroom, Jan Bloukaas, Francois Van Coke en Jack Parow gaan shows speel op die dag.
So, bring jou vinnige brille, spoed hoed en nek gordyn. Jou mullet gaan omtrent wapper soos jy vashou plek soek.
Hekke maak 10 uur die oggend oop op die 4de Mei 2024. Mense van alle ouderdomme is welkom en kinders onder 11 kan gratis die fees bywoon. Kampstoele en gazebosword ook toegelaat in aangewese areas.
Baie veilige parkering is beskikbaar en daar sal obviously ‘n kroeg en genoeg kosstalletjies wees om seker te maak dat jy nie honger of dors is nie.
Geen eie kos, eie drank, coolers, diere, vuurwapens, gangsters, suurmelk, boewe, chainsaws, koekbakke en stiefmas se slegte buie word toegelaat nie. Los eerder maar hierdie items by die huis as jy Melk Fest 2024 toe gaan.
Kaartjies vir hierdie fees kos net R299 en is beskikbaar via Quicket. Daar is ook stamp kamp opsies beskikbaar vir diegene wat wil oorslaap na die fees.
Daar is ook kaartjie opsies vir die Very Important Plek (VIP). Let wel dat kinders onder 18 nie in hierdie VIP area toegelaat word nie.
Melk Fest 2024 word geborg deur Steyn IP, Okja, Omoda Centurion, Lift, Silverlakes Farm Hotel, Saai, Fynbos Golf & Country Estate, Majaro Branding, Chery Centurion, Signarama, Andiamo, JSC Waste Solutions, Dewfresh, Sowaar Studios, Dors, Auto Investments Centurion, Graaff Brakes, Nkomazi Private Game Reserve en Blank_.
Kry meer inligting oor die fees by melkfest.co.za of check die Facebook event bladsy uit.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.