Vandag is die 2de Februarie 2017, die dag wat Francois Van Coke se 2de solo album “Hierdie Is Die Lewe” vrygestel word.
Die album is nou beskikbaar in winkels landswyd, op iTunes en op Google Play, by sy vertonings en op plaat op die Permanent Record webwerf. Ek moet sê dat ek baie opgewonde is om die hele album van die begin tot die einde te luister.
Francois Van Coke se derde musiek video vanaf Hierdie is die Lewe, “Dit Raak Beter” is ook vandag vrygestel op YouTube. Die video bevat aangrypende en rare beeldmateriaal van Francois se grootword jare en sy liefdes verhouding met musiek, met skote van hom wat optree by sy alma mater, Hoërskool Bellville, tussen-in. We Fixen Photo Hire het hierdie musiek video moontlik gemaak. Kyk die musiek video hier onder:
Die ander musiek videos van die Francois Van Coke album wat reeds vrygestel is, is Mensdom en Klein Prys (Francois se huldeblyk aan Fokofpolisiekar). My Hart, Francois se huidige gunstelingliedjie op die album, is ook op 5FM se Hamman Time program bekend gemaak vanoggend. Julle kan ook kyk hoe Francois en Die Gevaar Paradys by Popsicle Studios opvoer by hierdie link.
As jy lus is vir ‘n party, trek jou partytjie skoentjies aan en maak seker dat jy jou musiek-lefhebbende tushie deur die deur / hek kry by die volgende Francois Van Coke “Hierdie Is Die Lewe” Launch Toer shows in Februarie:
- 2 Februarie 2017: Puk Jool, Potchefstroom
- 3 Februarie 2017: District, Kaapstad
- 4 Februarie 2017: Cape Town Tens, Groenpunt Stadion, Kaapstad
- 5 Februarie 2017: Park Acoustics, Voortrekker Monument, Pretoria
- 10 Februarie 2017: Weiveld, Pretoria
- 11 Februarie 2017: Rumours Rock City, Johannesburg
- 12 Februarie 2017: Dozi’s Back to the Roots, Hartebeespoort
- 17 Februarie 2017: Mystic Boer, Bloemfontein
- 18 Februarie 2017 Bieliemielie Fees, Reitz
Wees op die uitkyk vir gereelde updates in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.