Francois van Coke het vandag die “Ek lewe, ek belowe” musiekvideo vrygestel. Jaco S. Venter (bekend as fotograaf en Fokofpolisiekar se tromspeler) het ‘n musiekvideo vir hierdie punk nommer op die En Vriende kortspeler (wat opgeneem is saam met Die Heuwels Fantasties) gemaak.
In geval jy vergeet het, gaan AMP Events en Francois van Coke die grootste konsert van sy 15-jaar loopbaan hou
Dit gebeur op die 15de September by Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria. Die Francois van Coke & Vriende konsert (in samewerking met kykNET en Jacaranda FM) het die produksie van die 4-snit kortspeler, En Vriende aangevuur.
Kaartjies is besig om soos soetkoek te verkoop, so aanhangers word aangemoedig om gou kaartjies by Computicket te kry.
En Vriende, wat groot samewerkings met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B en Laudo Liebenberg (aKING) bevat, het vinnig geskiet na nommer 1 posisies op iTunes en Google Play nadat die kortspeler op Vrydag die 13 Julie 2018 vrygestel is. Die En Vriende EP is moontlik gemaak deur Jägermeister en Red Bull.
Francois van Coke het die volgende te sê gehad oor “Ek lewe, ek belowe”
“Die liedjie gaan oor die lewe in die suburbs en dit is hartseer en snaaks op dieselfde tyd. Ek grap oor my bure, maar ek spot ook met myself en my vriende wat terug suburbia toe getrek het.”
Kyk die “Ek lewe, ek belowe” musiekvideo hier onder:
Ek moet sê het dat hierdie liedjie seker my gunsteling snit op die En Vriende EP is en hierdie musiekvideo doen hierdie song justice. Wel gedaan Snake! Wel gedaan! Dit laat my sommer uitsien na Francois van Coke se show op die 15de September! Ek dink ek kan veilig sê dat dit befok gaan wees. Ek hoop julle voel ook so excited soos ek.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.