Goeie nuus musiek liefhebbers! VANFOKKINGTASTIES is Terug! Dit is nou 14 jaar sedert die laaste VFKT show en dis hoog tyd om VanFokKingTasies (asook Van Coke Kartel) uit hul diep slaap te ontwaak!
Kom maak saam met Van Coke Kartel, Fokofpolisiekar, aKING, Die Heuwels Fantasties en so paar ander kunstenaars geskiedenis by hierdie prima buitelug dag-konsert by Marks Park in Emmerentia in Johannesburg op die 6de Junie 2026!

Meer inligting oor die 4 main bands by VANFOKKINGTASTIES
Hier is ‘n vinnige oorsig van hierdie vier ikoniese groepe wat die landskap van Afrikaanse rock onherroeplik verander het:
Fokofpolisiekar
Die groep wat in 2003 alles begin het. As die “stamvaders” van die moderne Afrikaanse rock-revolusie, het hulle sosio-politieke grense verskuif en ‘n stem gegee aan ‘n generasie verveelde voorstedelike jeug. Hul rou energie en eerlike lirieke bly vandag nog die goue standaard in die bedryf.

Van Coke Kartel
Gevorm deur Francois van Coke en Wynand Myburgh gedurende ‘n breek in Fokofpolisiekar se skedule. Hierdie groep het gefokus op ‘n harder, meer reguit “rock ‘n roll” klank. Hulle is bekend vir hul kragtige lewendige vertonings en het vinnig een van die grootste name in Suid-Afrikaanse rock geword met talle SAMA-toekennings agter hul naam.

aKING
Met ‘n fokus op melodiese rock en ryk lirieke, het aKING (met lede van Fokofpolisiekar en Hunter Kennedy as stigterslid) ‘n meer atmosferiese en “anthemic” klank na die tafel gebring. Hul debuutalbum het hulle dadelik in die mainstream geplaas met treffers wat sowel op alternatiewe as populêre radiostasies weergalm het.
Die Heuwels Fantasties
Hierdie groep het elektroniese elemente en pop-melodieë met Afrikaanse lirieke vermeng op ‘n manier wat nog nooit vantevore gedoen is nie. As baanbrekers van die “elektro-pop” beweging in Afrikaans, het hulle ‘n massiewe aanhangersbasis opgebou en bewys dat alternatiewe musiek ook hoogs aansteeklik en dansbaar kan wees.

Meer inligting oor VANFOKKINGTASTIES by Marks Park
Die hekke maak 11 uur die oggend op die dag. Die eerste act begin 12 uur speel. Van Coke Kartel speel 2:30 PM, aKING speel 3:30 PM, Die Heuwels Fantasties speel 4:30 PM en Fokofpolisiekar speel 5:30 PM. Hekke maak 7 uur die aand toe.
Jy kan met jou debiet of kredietkaart vir drank betaal by die kroeg – Geen kontant sal aanvaar word vir betaling by die kroeg nie. As jy honger raak, kan jy kos koop by die stalletjies met kontant, jou debiet of jou kredietkaart.
Alle ouderdomme bo 4 is welkom. Daar gaan ‘n toegewyde kindersone wees. IDs gaan by die hekke gevra word en as jy nie kan bewys jy is bo 18 nie, sal jy ge-tag word en jy sal nie alcohol kan koop nie.
Let asseblief daarop dat sekere items streng verbode is VANFOKKINGTASTIES:
Geen kinders onder die ouderdom van vier jaar word toegelaat nie, en die besit van onwettige middels, wapens of vuurwapens is streng verbode. Kos, drankies en alkohol by die venue te koop wees; daarom word geen eie verversings, snacks of koelbokse toegelaat nie.
Troeteldiere word nie toegelaat nie (met die uitsondering van guide dogs), Verder word geen kampstoele, voutafels of soortgelyke toerusting toegelaat nie.
Let wel dat die sekuriteit en bestuur behou die reg voor om beslag te lê op enige item wat as gevaarlik of ontwrigtend beskou word.
Toegang word voorbehou (R.O.A.R) en alle gaste moet ‘n geldige identiteitsbewys toon om toegang te verkry. Let asseblief daarop dat geen studentekaarte aanvaar sal word nie. Slegs ‘n oorspronklike identiteitsdokument (ID), paspoort of bestuurderslisensie is geldig vir identifikasie.
Indien u nie die oorspronklike dokument het nie, sal slegs gesertifiseerde afskrifte aanvaar word; geen foto’s van identifikasiedokumente op selfone sal toegelaat word nie.
Kry jou VANFOKKINGTASTIES kaartjies op Howler HIER.
VANFOKKINGTASTIES word met trots geborg deur Castle Lite, Coca-Cola, Chery en Lift Airline.
Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.
Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

