Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Interviews»‘n Onderhoud met Jaakie

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Interviews 32 ViewsOctober 11, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Een van Suid-Afrika se gewildste jong sangers, Jaakie, is nie net ‘n talentvolle kunstenaar nie maar ook ‘n voormalige wakeboard-kampioen.

    NetfloristOfferforge

    Ek het onlangs met die man gesels, hier is wat hy te sê gehad het.

    Geluk met die klomp cool singles wat jy in minder as n jaar uitgebring het: “Hulle” saam met Jack Parow, “Kolwyntjie” saam met VAN STRATEN, “Dans nie” en nou die nuutste “Check vir My” met Hunter Kennedy en Fred den Hartog. Waar het dit alles begin vir jou?

    “Dankie, dit voel nog half onwerklik as ek terugkyk hoeveel al gebeur het in só ’n kort tyd. Alles het begin toe ek toevallig by Sunset Recordings beland het saam met my tjommie Francois van Straten.”

    “Fred den Hartog het my toe sommer vinnig agter die mic ingegooi en daai freestyle het my hele journey as Jaakie aan die rol gesit. Daai dag was die beginpunt van iets groter as wat ek ooit kon droom.”

    Jaakie

    Hoe het Jaakie dit reggekry om jou debuut-single saam met Jack Parow te kon maak? En hoe het hy dit ervaar?

    “Dis ’n droom wat waar geword het. Fred het die idee ge-drop dat ons Jack Parow moet vra, en ek het eers gedink dis onmoontlik.”

    “Maar hy was keen, en toe ons in die studio was, het hy sy verse so vinnig en effortless geskryf. Dis toe ek besef ek maak musiek saam met die grootste Afrikaans rapper ooit. Ek kan nog steeds nie glo dis my debuut nie.”

    Wat dink Jaakie het alles bygedra tot sy vinnige sukses in die Afrikaanse musieklandskap?

    “Ek dink my vinnige groei kom van hoe ek musiek aanpak – sonder façade, net real en vol energie. Ek gebruik sosiale media as my speelgrond om kreatief te wees en mense te betrek, en ek dink dit help dat ek nie bang is om myself bietjie uit te lag of snaakse goed te deel nie.”

    “Dan natuurlik die ongelooflike mense om my: Francois, Fred, Hunter, Parow. Hulle het my nie net gehelp met musiek nie, maar ook gewys hoe die bedryf werk.”

    Is daar enige vroue kunstenaars met wie jy ook `n collab sal wil doen?

    “Zoé, Lisa Basson, Margot Rothman, Janie Bay.”

    Jaakie het `n indrukwekkende sosiale media teenwoordigheid. Tot hede is daar nagenoeg 5 miljoen gesamentlike kyke op Instagram, TikTok en YouTube Shorts. Hoeveel uur per dag spandeer jy om inhoud te skep en waar kry jy jou inspirasie?

    “Ek spandeer seker maklik vier tot ses uur ’n dag aan content.  Dis amper soos nog ’n voltydse werk. Soms beplan ek ’n week se idees vooruit, maar baie keer gebeur dit sommer spontaan.”

    “Ek sien iets snaaks, of hoor ’n klank, en ek maak dit my eie. My inspirasie kom van die lewe rondom my, van my vriende, my meisie, die musiek en die mense wat comment. Ek probeer altyd iets maak wat lag en lekker voel, iets wat mense laat sê ‘ja, dis so tipies Suid-Afrikaans’.”

    “Kolwyntjie” het besonders goed gedoen. Meer as 1000 mense het dit in hul social videos al gedeel – hoekom dink Jaakie is hierdie song so gewild?

    “‘Kolwyntjie’ kom uit ’n plek van liefde en lekker gevoel – dis ’n song oor my meisie, oor die gevoel van verlief wees en net saam lewe, sonder stress.”

    “Ek dink mense hou daarvan omdat dit eg is. Dis nie ’n song wat probeer wees iets nie. Dis net fun, vol vibe, en dit vat jou sommer dadelik strand toe in jou kop. En ek dink die hook bly net in jou kop vas. Dis daai type tune wat jy onwillekeurig begin sing.”

    Praat so van sosiale media – gesels baie van Jakkie se fans direk met hom? Kry hy ook haters, en indien so, waaroor kla hulle die meeste?

    “Ja, ek kry daagliks boodskappe. Mense stuur hulle eie videos, vra vrae of sê net dankie vir die musiek. Dis crazy om te sien hoe connected almal voel.”

    “En ja, daar’s altyd ’n paar haters, maar dis deel van die game. Meestal gaan dit oor klein goed, soos hoe ek praat of lyk, of dat ek iets ‘anders’ doen. Ek vat dit nie persoonlik nie; as mense oor jou praat, beteken dit jy doen iets reg. Ek fokus eerder op die liefde wat inkom, want dis 95% positief.”

    Wat is die beste raad wat iemand in die musiekbedryf al vir Jaakie al gegee het?

    “Fred den Hartog het vir my gesê: ‘Moenie probeer wees wat jy dink mense wil hê nie – wees net 100% jy.’

    Jy is ook `n SA Wakeboard Champion? Vertel ons bietjie meer.

    “Ja, ek het vir baie jare professioneel wakeboard gery en Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig. Ek het al Springbok-kleure gekry en by Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.”

    “Wakeboarding het my geleer van dissipline, kompetisie en hoe om te val en weer op te staan. Ek dink daai mindset help my nou in musiek ook – om nooit op te gee nie, al voel dit soms moeilik.”

    Jaakie Kunstenaar

    Wat is Jaakie se planne vir die res van die jaar?

    “Ek en my span is besig om aan nog ’n paar nuwe tracks te werk, en daar’s groot planne vir 2026. Ek wil meer live speel: groot feeste, universiteite, en events oral in SA.”

    “Daar’s ook iets spesiaals aan die kom waar ek ’n nuwe kant van myself gaan wys, maar ek gaan nog nie te veel sê nie. Die fokus is om momentum te hou, meer mense te bereik, en musiek te maak wat mense laat smile en saam sing.”

    Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Jaakie te bedank vir hierdie vlugtige onderhoud. Ek wens hom als van die beste toe met sy toekomstige musikale avonture.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • ‘n Onderhoud met Christof Berg
    • ‘n Onderhoud met Dani Villé
    • Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem
    • Jaakie en Van Straten Reik “Kolwyntjie” Uit

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Jaakie South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDavid Derman Releases New Single: “I Know You”
    Next Article Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    More Interviews
    Dani Villé
    August 14, 2025

    ‘n Onderhoud met Dani Villé

    6 Mins Read31 Views
    Sheron
    November 25, 2024

    An Interview With Sheron

    7 Mins Read31 Views
    Dylan Tori
    August 7, 2024

    An Interview With Dylan Tori

    6 Mins Read34 Views
    Categories
    Latest Articles in Other Categories
    The Hill
    February 9, 2026

    The Hill Releases New Single: “Accidental Love”

    3 Mins Read14 Views
    Dani Villé
    February 9, 2026

    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Selfbewus”

    3 Mins Read9 Views
    Caitie Rock
    February 7, 2026

    Caitie Rock Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Desember Dagdroom”

    3 Mins Read14 Views
    Stuff To Do
    theGemini

    theGemini February 2026 South African Tour

    Tunde from Lighthouse Family Profile

    Tunde from Lighthouse Family: February 2026 SA Tour

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    The Human League

    The Human League – May 2026 South African Tour

    Endler Concert Series 2026

    Endler Concert Series: February & March 2026

    NetfloristOfferforge
    Artist/Band/Group Profiles
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Jack Atlantic

    Jack Atlantic

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    NetfloristOfferforge
    Featured Articles
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read30 Views
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read37 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read46 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.