Straatligkinders is terug met ’n splinternuwe enkelsnit vry genaamd “Dapper”. Die enkelsnit, ’n samewerking met Francois Van Coke, kom kom ná die vrystelling van hul vorige enkelsnit, ‘Kom Saam’ in Augustus vanjaar. Albei aanbiedinge vorm deel van ‘n versameling splinternuwe liedjies en samewerkings vanaf die groep.
Meer inligting oor “Dapper”
“Dapper” is geskryf tydens die Julie 2021 onrus in Suid-Afrika. Die inspirasie vir die lied is die konsep van konflik, hetsy in romantiese verhoudings, of verhoudings in die algemeen tussen landgenote, vriende en familie. Die liedjie gaan daaroor om jou wit vlag te swaai te midde van konflik en om wapens neer te lê in ‘n poging vir dinge om beter te gaan.
Vir “Dapper” het Straatligkinders teruggekeer na hul 2006-rock-wortels en die liedjie bevat groot kitaar-riffs en dreunende drom-grooves met Bouwer en Francois se kenmerkende sangstemme in die koor.
Bouwer Bosch van Straatligkinders vertel ons meer hoe die liedjie gebeur het
“Toe ek die refrein geskryf het, het ek net geweet dat ons vir Francois op hierdie liedjie moes kry. Die boodskap en die sleutel waarin die liedjie is, het net reg gevoel. Ons is natuurlik groot bewonderaars van Francois en al sy musiekprojekte, so dit het 15 jaar geneem voordat die samewerking gebeur het. Die liedjie is belangrik en soms moet jy net wag totdat die regte liedjie kom, en dit is daardie liedjie vir ons.”
Francois Van Coke vertel ons meer
“Straatligkinders het vir my ’n song voorgelê wat basies klaar was; ek het daarvan gehou en binne ’n minuut vir Bouwer gesê ek’s in. Ons speel al shows saam sedert 2004, en ons het nog nooit ’n verhoog gedeel of iets saam gedoen in al die jare nie. Dis interessant, want ons kom van dieselfde background af. Ek is opgewonde oor die tune want ek hou baie daarvan en ek dink ons fans gaan ook baie daarvan hou!”
Die video vir die enkelsnit is in Oktober by The Alexander Theatre in Johannesburg geskiet, en Damiane van Reenen, Werner Botha en Bouwer Bosch was aan die stuur van regie. Aanhangers kan uitsien na ‘n vinnige, energieke, rou, kleurvolle en treffende vertoningsvideo; ‘n aanbieding wat deur jou oë na jou hart beweeg.
Kyk die musiekvideo hier onder:
Jy kan “Dapper” HIER stroom / download.
Ek moet sê dat hierdie liedjie nogals verfrissend is in die hittegolf wat ons huidiglik hier in Gauteng beleef. Eks nuuskierig om te hoor wat Straatligkinders en Francois Van Coke ons kant toe gaan gooi in die nabye toekoms.
Wees op die uitkyk vir die gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!