Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music Videos » Straatligkinders stel nuwe enkelsnit vry: “Kom Saam”

    Straatligkinders stel nuwe enkelsnit vry: “Kom Saam”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 8 ViewsAugust 23, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Vrydag is ‘n splinternuwe enkelsnit van Straatligkinders vrygestel, getiteld “Kom Saam”. Die liedjie kom na die vrystelling van hul laaste album ‘Verdwyn‘ in 2018, en is die eerste aanbieding uit ‘n versameling splinternuwe liedjies en samewerkings wat kom.

    NetfloristOfferforge

    Die liedjie is in Junie geskryf toe ‘n vervaardigersvriend van die groep, Spencer Harvey, ‘n liedjie wat hy vir hulle gemaak het, vir hulle gestuur het. Die musiek het die res van die lied geïnspireer. Die enkelsnit is ‘n opwindende nuwe klank vir Straatligkinders, ‘n uitnodiging en ‘n ernstige gebaar tegelyk. Dit handel oor die erkenning van jou gebreke en dat jy nie meer alleen deur die lewe wil gaan nie.

    Straatligkinders - Kom Saam

    “Jy het al jou onsekerheid en wapens neergelê. Dis net jy; die gestroopte rou jy wat voor iets staan wat dieselfde voel. Dit is ‘n hou in die maag, maar ook iets wat jou voete sal laat beweeg.” sê Bouwer Bosch.

    Meer inligting oor “Kom Saam”

    Met ‘n hoë energie-gevoel, is “Kom Saam” ‘n rocklied met elektroniese elemente wat die huidige relevante klank en genres benut. Dis ’n oorkruising tussen punkrock en elektro met ’n moderne pop punk klank wat ou en nuwe Straatligkinders aanhangers sal geniet.

    Straatligkinders Kom Saam

    Die video vir die enkelsnit is in Julie deur Johan de Kock geskiet met Bouwer Bosch aan die stuur van regie. Die video is geïnspireer deur die fiksheidsinstrukteurs wat soggens voor jou daaglikse tekenprente gedurende jou kinderjare TV-skerms versier het, en  speel af in ‘n spesiale gimnasium vir mans met die titel ‘Vader Figuur‘. By ‘Vader Figuur’ kan mans meer as hul spiere bou; hul kan ook hul selfvertroue terugkry onder die wakende oog van die stigter, ‘Johan Reyneke‘ gespeel deur Bouwer Bosch.

    Ander karakters in die video sluit in Hein Kruger as ‘Andre Uys‘ – ‘n sagteware-ingenieur, Benjamin De Jager as ‘Ockert Oelofse‘ – ‘n netbalafrigter, en Ruan Kruger as ‘Jaap‘ – ‘n bokboer.

    Straatligkinders vertel ons meer or “Kom Saam” se video

    “Alhoewel ons op hierdie konsep besluit het om die video lig en vermaaklik te hou, is dit ook ‘n opmerking oor die feit dat ons onsself voortdurend met ander vergelyk. Ons verwag van onsself om net so hard soos ander te presteer, en om aan onmoontlike hoë verwagtinge te voldoen, en indien ons misluk, kan ons onsself nie vergewe nie. In die lewe moet ons leer hoe om mekaar aan te moedig, geleenthede vir groei te skep en genade te hê met ons mislukkings en die mislukkings van ander. Dit word in die video uitgebeeld.”

    Aanhangers kan uitsien na ‘n kleurryke, prettige video met aksiebelaaide koreografie, epiese mislukkings en snaakse onderhoude met die orkes wat tussenin optree.

    Straatligkinders beskryf “Kom Saam” as ‘n klank wat aangepas is vir die nuwe, huidige musiekseisoen in Suid-Afrika, met ‘n lewendige, dansvibe daarop: “Ons gaan ons nie kategoriseer nie; ons is skeppers, ons is lief vir musiek en ons hou daarvan om deel daarvan te wees.”

    AdidasOfferforge

    Kyk die video vir “Kom Saam” hier onder:

    Dis great om bietjie ‘n nuwe Straatligkinders musiekvideo te sien. Die track is een van die beter Afrikaanse songs wat ek die jaar gehoor het.

    Jy kan “Kom Saam” HIER stroom / download.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    NetfloristOfferforge
    Afrikaans Kom Saam Rock South Africa Straatligkinders
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleLucinda Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Sinne”
    Next Article Genre-Bending Kitty Coen Releases New EP: “Disco Lemonade”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Demi Lee Moore Net Myne 1 Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: "Net Myne"
    By Henno KrugerJune 4, 2024

    Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

    3 Mins Read41 Views
    Jako Meyer
    By Henno KrugerApril 26, 2024

    Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vry: “Oor My Voete Val”

    2 Mins Read69 Views
    Straatligkinders - Dapper
    By Henno KrugerNovember 19, 2021

    Straatligkinders & Francois Van Coke Stel “Dapper” Vry

    3 Mins Read29 Views
    Lucinda - Ons Is Ons
    By Henno KrugerJune 18, 2021

    Lucinda Stel Nuwe Enkelsnit & Video Vry: “Ons Is Ons”

    3 Mins Read7 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Dani Villé
    July 11, 2025

    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    3 Mins Read32 Views
    Alba Vorster
    July 9, 2025

    Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

    2 Mins Read22 Views
    Leo Sonskyn
    July 3, 2025

    Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

    3 Mins Read7 Views
    Ondersteun Ons!
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Prime Circle
    July 17, 2025

    Prime Circle Unleash Explosive New Video for “Renegade”

    3 Mins Read20 Views
    Chayuta
    July 16, 2025

    Chayuta Releases New Single: “Surrender”

    2 Mins Read11 Views
    Yoshe
    July 16, 2025

    Yoshe Releases Genre-Bending Single: “Lost My Way”

    3 Mins Read6 Views
    Goeters Om Te Doen
    Louise Carver

    Louise Carver: September “Crush On You” 2025 Tour

    Guy Buttery & Dan Patlansky

    Guy Buttery & Dan Patlansky: July/August 2025 Tour

    Kenny G

    Kenny G: October 2025 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    AdidasOfferforge
    "Featured" Artikels
    Black Coffee - Hey Neighbour
    July 2, 2025

    Black Coffee is headlining Day 2 of Hey Neighbour 2025!

    3 Mins Read11 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read89 Views
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read96 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Single: “Gurri (You Know You Should)”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • Henno Kruger on The Stremes Release New Single: “Overload”
    • Lexi on The Stremes Release New Single: “Overload”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.