Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Lucinda Stel Nuwe Enkelsnit & Video Vry: “Ons Is Ons”

    Lucinda Stel Nuwe Enkelsnit & Video Vry: “Ons Is Ons”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 21 ViewsJune 18, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Sanger, liedjieskrywer en kunstenaar Lucinda (bekend as hoofsanger van Die Melktert Kommissie) stel vandag ’n splinternuwe enkelsnit vry: “Ons Is Ons”, ’n samewerking met John-Henry Opperman van Klopjag. Die enkelsnit is die eerste amptelike vrystelling vanaf haar debuut solo album, Uitgeskryf wat in Julie vrygestel word.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor “Ons Is Ons”

    “Ons Is Ons” is vroeër in 2020 geskryf en handel oor twee mense wat in ’n onstuimige tyd in hul lewens, veilig voel by mekaar en ’n rustigheid vind in mekaar se aanwesigheid. Lucinda en John-Henry is al jarelange vriende sedert die dae toe Die Melktert Kommissie en Klopjag saam getoer het (Die Tertjag Toer), en as ’n groot aanhanger van sy skryfwerk en stem, was hy ’n natuurlike keuse vir ’n samewerking.

    Lucinda - Ons Is Ons

    Lucinda vertel meer hieroor

    “Aangesien John-Henry op “Ons Is Ons” feature, het ek besluit dit MOET eerste gehoor word. Ek is so opgewonde daaroor. Toe ons saam getoer het, het ons altyd op mekaar se songs gesing by optredes. Ons girls in Die Melktert Kommissie het selfs ‘n dansie op Skree, een van Klopjag se treffers. Ek het ook in hul Live DVD by Aardklop gefeature – en ons het net nooit iets opgeneem waar hy feature by ons nie. Ek moes net die kans neem en hom vra – en dit het in my opinie baie mooi uitgedraai.”

    “Enige iemand wat verlief is of ’n hegte konneksie met iemand deel, sal kan aanklank vind by “Ons Is Ons”.”

    Lucinda dink in prentjies wat sy dan neerpen, met die gevolg dat luisteraars visuele lirieke ontvang reeds deur haar gesien. By ’n groot gedeelte van haar werk is die maan, see of een of ander aardse element betrokke as hoof inspirasie vir haar musiek.

    Die musiekvideo vir “Ons Is Ons” is in Mei vanjaar deur Media Farm geskiet met John-Henry aan die stuur van regie. Die konsep van kleur gekombineerd met die idee dat twee mense in die video konstant dieselfde kleure dra, maar selde op dieselfde tyd, weerspieël die feit dat mense altyd op hul eie wentelbaan is en belangstel in hul eie dinge, maar soms kruis hul paaie op die regte tyd.

    John-Henry vervaardig media en musiekvideos en voel baie keer, veral in Suid-Afrika, is konsepte nie sterk genoeg wanneer dit kom by stories vertel nie; mense probeer stories vertel deur om stories voor ‘n kamera te sit. Dit was belangrik vir die duo om ’n sterk konsep te hê en dit dan eenvoudiger te vertel.

    “Die video pas mooi by “Ons Is Ons”… Deur terug te kom na die eenvoud van voel in stiltes en dan te reageer daarop, kan mens rustiger wees langs iemand anders.”

    Jy kan Lucinda se debuutalbum, Uitgeskryf bestel op iTunes of Apple Music.

    Express VPN

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Lucinda Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Sinne”
    • Lucinda Stel Eerste Solo Album Vry: “Uitgeskryf”
    • Straatligkinders stel nuwe enkelsnit vry: “Kom Saam”
    • Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans John-Henry Opperman Lucinda Ons Is Ons South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSarah Blake releases emotional second single: “The Lullaby”
    Next Article Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read30 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirk Whalum - Gauteng Soul and Jazz Concert

    Gauteng Soul and Jazz Concert: 13 June 2026

    The Human League

    The Human League – May 2026 South African Tour

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured

    The Hangout F3st 3: 25 April 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Wonderboom

    WONDERboom: Celebrating 30 years with a WONDERFEST

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read130 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read25 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read271 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.