Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
      • Photo Of The Week
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 9 ViewsJune 21, 2021
    Share This With Your Friends Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Afrikaanse superster Janie Bay is weereens besig om grense te verskuif met haar langverwagte tweede Afrikaanse album, Prisma. Die album is ‘n samevloeisel van liedjies wat geskryf is tussen 2019 en vroeg-2021.

    NetfloristOfferforge

    Met persoonlike temas soos familie, die liefde, passie, verlies en aanmoediging as hoeksteen, is dit ‘n meesterlike smeltkroes van uiteenlopende musikale teksture wat wye draaie gooi tussen lieflike ballades en ligte pop-musiek, asook ‘n goeie dosis elektroniese adrenalien.

    Janie Bay - Prisma

    Die sewe snitte (wat op Prisma is), hoewel dit oënskynlik heelwat van mekaar verskil, vorm ‘n prismatiese matriks waarin Janie Bay mildelik tussen verreikende klanke en emosies beweeg. Treffers op die album sluit onder andere die radio-gunsteling “Ek Glo Nog In Jou” met Danie Reënwolf in, sowel as die nuwe enkelsnit “My Lief” met Majozi en Early B, asook ‘n lieflike weergawe van die gewilde Fokofpolisiekar-liedjie “Tevrede”.

    Janie Bay sê dat sy dit geniet om liedjies te skryf oor die dinamika van Liefde. Sy verduidelik dat die boodskap van die huidige enkelsnit “My Lief” eerlik en eenvoudig is

    “Verhoudings is nie perfek nie. Soms raak dinge gejaagd of deurmekaar, maar dan moet mens onthou dat pasmaats deur middel van ware toewyding deur dik en dun saam kan staan.”

    Die liedjie “Kalmeer” gaan oor die onvoorspelbare wêreld waarin ons tans leef. Janie Bay vertel:

    “Dinge beweeg vreeslik vinnig deesdae en dit voel asof daar tans so baie onverwagte dinge oor ons almal se pad kom. Ons het almal bietjie kalmer waters nodig.”

    “Ek Glo Nog in Jou” wat Bay saam met Danie Reënwolf in 2020 opgeneem het, het onlangs die gesogte nommer 1 posisie op Jacaranda FM se internasionale CTM trefferlys gehaal, en die video van die liedjie het tot op datum reeds meer as ‘n halfmiljoen klieks op YouTube gehad.

    Janie Bay het in 2017 as SAMA-genomineerde kunstenaar en internasionale pryswenner aangesluit by Warner Music South Africa. Haar musiek is al meer as 6 miljoen keer gestroom en volgens RadioMonitor.com het haar Afrikaanse enkelsnitte die afgelope twee jaar meer as 90 miljoen luister-trefslae gehaal.

    Janie Bay - Prisma

    Janie Bay vertel dat sy baie opgewonde is om haar nuwe album (Prisma) vry te stel

    “Ek het baie nader gevoel aan my luisteraars en medekunstenaars terwyl ek hierdie album vervaardig het. Die liedjies is persoonlik, maar dis ook ‘n uitdrukking van alles waardeur ons as mensdom tans gaan, en ek dink almal wat daarna luister sal daarby aanklank vind.”

    Prisma is nou beskikbaar op alle gewilde digitale platforms. Klik hier om dit te stroom/ download.  

    NetfloristOfferforge

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.

    RAMFest 2025 Desktop 728 Janie Bay reik nuwe album uit: "Prisma"
    Afrikaans Janie Bay Prisma South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleLucinda Stel Nuwe Enkelsnit & Video Vry: “Ons Is Ons”
    Next Article Tayla Hunter Unveils Video For “Out Of Mind”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Danie Du Toit - Janie Bay - Ek Glo Nog In Jou
    By Henno KrugerNovember 13, 2020

    Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit

    4 Mins Read28 Views
    Janie Bay - Jammer
    By Henno KrugerSeptember 4, 2020

    Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

    3 Mins Read4 Views
    Janie Bay - Jammer
    By Henno KrugerApril 24, 2020

    Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    3 Mins Read4 Views
    Janie Bay
    By Henno KrugerMay 17, 2019

    Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    3 Mins Read2 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Tino
    May 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    3 Mins Read7 Views
    Jacobus
    May 16, 2025

    Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

    4 Mins Read10 Views
    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
    May 15, 2025

    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    4 Mins Read11 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Alice Phoebe Lou
    May 19, 2025

    Alice Phoebe Lou Releases New Single: “The Surface”

    3 Mins Read11 Views
    Koki The Mic
    May 17, 2025

    Koki The Mic releases new single: “Ra Tsena”

    2 Mins Read5 Views
    Jann Klose
    May 17, 2025

    Jann Klose releases new single: “When I’m With You”

    2 Mins Read7 Views
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read33 Views
    ULTRA South Africa 2025
    February 12, 2025

    ULTRA South Africa reveals 10th anniversary edition line-up

    3 Mins Read74 Views
    Billy Raffoul
    March 6, 2025

    Billy Raffoul is Returning To South Africa in May 2025

    2 Mins Read54 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.