Janie Bay en Danie Reënwolf span hul unieke kragte saam in hierdie nuwe enkelsnit-uitreiking. “Ek glo nog in Jou” is die perfekte duet vir hierdie twee opwindende jong kunstenaars. Beide sangers het `n besonderse gawe om die luisteraar te kan boei met hul gevoelvolle lirieke en stemme.
Janie Bay wou nog altyd graag saam met Danie Reënwolf werk en het die idee van die lied met hom bespreek. Sy vertel meer daaroor
“Ons het aan die begin van die jaar by `n braai gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons besige skedules en lockdown was ons nie seker of dit hierdie jaar sou kon gebeur nie. Ek het dadelik geweet toe die idee van “Ek glo nog in Jou” begin vorm het, dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak.”
“Ek het weer met Danie begin gesels en ons het hier en daar daar tyd gemaak om die liedjie te begin skryf. Ek het een dag oppad Paarl toe die koor sommer so spontaan in die kar aanmekaar gesit. Soos ek en Danie toe aanhou skryf het, het dit alles saamgekom as ‘n baie poëtiese, maar ook egte liefdeslied wat meestal daaroor gaan om regtig daar te wees vir iemand in ‘n verhouding en om te kan staat maak op mekaar, no matter what. Danie is tans “the it guy” in die Afrikaanse musiek- wêreld. Dit was vir my `n groot eer om hierdie liedjie saam met hom te kon skryf en opneem.”
Danie Reënwolf se gevoel is wedersyds
“Dis vir my net so `n voorreg om saam met Janie te kon werk. Dit was `n lekker song om te kon skryf. Janie het `n ongelooflike talent om van `n eenvoudige lied, iets baie besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen.”
Die video van “Ek glo nog in Jou” is by `n vriendin se huis in Stellenbosch verfilm. Bay het die treffende konsep uitgedink en het ook die regie behartig
“Ek geniet dit, ek is mal oor die film wereld. Ek het aanvanklik nie gedink dat `n video betyds opgemeen sou kon word met ons tydlyn nie. Dit was voor die handliggend dat`n eenvoudige storielyn met `n gemaklike, rou emosionele konsep die beste sou kon werk. Vandaar kon ons vinnig reëlings tref en ek dink die video het wonderlik uitgedraai. Dit is presies wat ons wou hê met betrekking tot die gevoel van die liedjie.”
Meer inligting oor Danie du Toit (Alias Reënwolf)
Danie is ʼn Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer en deel van die groep, Spoegwolf. Du Toit is ook mede-eienaar van die restaurant, Drum, in Stellenbosch. Hy is mede-kurator en mede-stigter van die aanlyn platform, Die Rivier, waar Suid-Afrikaanse kunstenaars inspirasie kan put en samewerkings bewerkstellig.
Du Toit is ook die regisseur en vervaardiger van die aanlynprogram, Middernag met Marguerite. Behalwe vir musiek en skryfkuns, is hy ook ʼn entrepreneur wat help in die vervaardiging en verspreiding van die restaurant se unieke produkte, Drumfood Holdings Pty LTD.
Meer inligting oor Janie Bay
Haar musiek het sedert 2019 reeds meer as twee en `n half miljoen keer op digitale platforms gestroom. In Oktober 2016 het sy by Warner Music South Africa aangesluit. In September 2017 het Bay haar SAMA genomineerde album deur Warner, ‘Miscellany’ uitgereik. Die liedjie “Can’t Be the One” vanaf hierdie album, het ‘n Internasionale Goue Toekenning ontvang vir “Best Music in a Music Video” by die “Queen Palm International Film Festival” in Palm Springs, Kalifornië.
Haar nuutste enkelsnit wat vroeër vanjaar uitgereik is, getiteld “Jammer” het onlangs no #1 gehaal op Jacaranda FM se SA Top 20. “In Die Sitkamer”, haar akoestiese album is op 4 September 2020 uitgereik. Bay se musiek het ook gespeel in ‘n paar Suid Afrikaanse films soos “Mooirivier”, “Vir Altyd”, en sy het haar eie weergawe van die treffer “You Are My Sunshine” opgeneem vir die plaaslike film “Stroomop.” Hierdie liedjie kan ook op “In die Sitkamer” gehoor word.
Kyk die video vir “Ek Glo Nog In Jou” hier onder
Jy kan “Ek Glo Nog In Jou” HIER stroom / download.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.