Die immergewilde Janie Bay het pas `n video vir die tweede enkelsnit vanaf haar album Prisma uitgereik. Die liedjie “Kalmeer” gaan oor die onvoorspelbare wêreld waarin ons tans leef.
Janie Bay verduidelik die inspirasie agter “Kalmeer”
“Ek voel dat ons almal bietjie kalmer waters nodig het. Dinge beweeg vreeslik vinnig deesdae en dit voel asof daar tans so baie onverwagte dinge oor ons almal se pad kom. Dit is tans moelik vir die mensdom om psiglogies en emosioneel sin te kan maak van wat alles gebeur.”
Janie verduidelik die konsep vir die video vir “Kalmeer”
“Niemand is altyd op hul beste nie. Met die maak van die video wou sy en regisseur Damiane van Reenen werk met beelde wat die psige van `n diep onrustigheid voorstel. Depressie, angs, moedeloosheid, vrees ensovoorts. Dit gee die gevoel van daardie moeilike tye uit wanneer ons in onvaste oomblikke nie die antwoorde het hoe om dinge beter te kan maak nie.”
Bay sê dat sy dit geniet om met Van Reenen te werk
“Hy het `n skerp, innoverende oog. Die res van die span op stel van “Kalmeer”, Marguerite van Eeden (produksie-assistent) en Ibby Bukuru en Deon Dee (Beligting) het dit alles `n baie goeie ervaring gemaak. Ek hoop dat mense van die video sal hou!”
Janie Bay se Afrikaanse album, Prisma, waarop “Kalmeer” verskyn, is in Junie vanjaar uitgereik. Die eerste enkelsnit vanaf die album “My Lief” wat Bay saam met Majozi en Early B opgeneem het het groot sukses op radio behaal, onder andere die nommer 1 posisies of Jacaranda FM se SA Top 20 en dié stasie internasionale CTM Top 20. “My Lief” was ook nommer 1 op Radio Helderberg se SA Top 10 en het verskeie ander Top 20 posisies landwyd gehaal.
Die album is ‘n samevloeisel van liedjies wat geskryf is tussen 2019 en vroeg-2021. Met persoonlike temas soos familie, die liefde, passie, verlies en aanmoediging as hoeksteen, is dit ‘n meesterlike smeltkroes van uiteenlopende musikale teksture wat wye draaie gooi tussen lieflike ballades en ligte pop-musiek, asook ‘n goeie dosis elektroniese adrenalien.
Janie Bay het in 2017 as SAMA-genomineerde kunstenaar en internasionale pryswenner aangesluit by Warner Music South Africa. Haar musiek is al meer as 6 miljoen keer gestroom en volgens RadioMonitor.com het haar Afrikaanse enkelsnitte die afgelope twee jaar meer as 100 miljoen luister-trefslae gehaal.
Janie Bay se Prisma album is beskikbaar op alle gewilde digitale platforms.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!