Pretoria rock-sensasie Zaan Sonnekus is terug met nog ’n liedjie wat luisteraars se asems gaan wegslaan, “Hoog”. Met sy donker lokke en poëtiese lirieke, het Sonnekus alreeds ’n omwenteling in die plaaslike musiekmark veroorsaak met sy treffer, “Ek Kan Net Bid”, wat vroeër vanjaar vrygestel is en steeds op elke prominente radiostasies gehoor kan word.
“Hoog” is ’n alternatiewe folk-snit, uit dié Pretorianer met sy kunstige versameling tatoes se eie pen, en kan beskryf word as ’n hoopvolle goedvoel-liedjie met ’n donker laag.
Zaan Sonnekus vertel ons meer van “Hoog”
“Die lewe is crazy. Ek dink ons almal probeer nog onsself vind, of ten minste net weer ons voete vind, in tye soos vandag… dinge is nie meer so eenvoudig nie. Baiekeer moet jy in die soektog na jouself eers verlore raak.”
“Jy soek na jouself as jy hoog is (op kruine) en soms as jy laag is (in ’n trog) en is dan oneerlik, want jy gee voor dat jy okay is omdat jy nie wil hê mense moet weet hoe jy regtig voel nie. In hierdie “soektog” na jouself stoot jy dalk mense weg en verloor hulle in die proses, al was dit nie jou bedoeling nie. Hulle is hoog en laag op hulle eie tyd en die hartseer ding is dat hulle nie altyd vir jou kan of wil wag om jou voete te vind nie.”
“Hoog is anders as enige van my vorige songs, maar definitief nader aan die klank waarheen ek wil beweeg en ek dink dis iets wat oud en jonk sal geniet,” sê hy. “Die liedjie gaan hulle laat goed voel en ek is seker van die lirieke sal aanklank vind in hulle lewens. Ons almal gaan deur hoogte- en laagtepunte.”
Dit is die musikant se tweede snit saam met Tertius Human van CoolerBox Brothers en dit is nader aan die klank wat hy graag wil weergee as sy vorige werk. Die “Hoog” musiekvideo sal in September vrygestel word.
“Hoog” is die tweede enkelsnit vanaf sy komende album, wat in Oktober uitgereik word, waaroor hy baie opgewonde is.
Zaan verduidelik
“Ek dink ek het êrens in 2020 uiteindelik my klank gevind en mense sal dit hoor in die album wat op pad is. Hierdie snit is ’n goeie inleiding daarvoor.”
Zaan het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA.
Hierdie sielvolle liedjieskrywer en veelsydige musikant, met sy leerbaadjie en unieke stem, se droom is om betekenisvolle musiek terug te bring na die Afrikaanse mark en nuwe lewe in die bedryf te blaas… en met wat ons reeds die afgelope ruk van hom gehoor het, gaan hy beslis hierdie doelwit bereik.
Die video, wat deur Wian van der Walt en Francois Roux vervaardig is, is op verskillende plekke verfilm, insluitend ’n natuurreservaat in Alberton, in die stad, in sy eie huis in Pretoria en in Krugersdorp (waar die reksprong-toneel geskiet is).
“Ek dink dit is visueel sterk en ek hou van die feit dat dit ’n storie vertel en nie soos in die verlede ek en my orkes is wat optree nie,” deel Zaan.
Kyk Zaan Sonnekus se musiekvideo vir “Hoog” hier onder:
“Hoog” is op alle digitale platforms beskikbaar.
Zaan Sonnekus is defnetief een van die kunstenaars om dop te hou in die nabye toekoms. Eks nuuskierig om te hoor hoe sy hele album gaan klink (wat later in 2021 uitgereik gaan word).
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.