Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music Videos » Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”

    Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 62 ViewsMarch 9, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Op haar sterfbed skryf Zaan Sonnekus se ma ’n paar laaste gedigte. Een van die versreëls lui: “monitor my skuldgevoelens die gesondheidsrisiko is fataal.” Hierdie woorde sou later die vuur aan die brand steek vir Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit “Monitor”.

    NetfloristOfferforge

    Almal van ons het al gevrees dat ons dopgehou word. In die moderne wêreld raak dit al hoe makliker vir iemand om jou doen en late te volg. Jy word gemonitor op sosiale media, by jou werk, die skool en nog te meer wanneer jy iets doen wat in die publieke oog gaan beland. Jy verloor alleenreg op jou bestaan.

    Zaan Sonnekus se “Monitor” vertel die storie van ’n paartjie wat mekaar ontmoet onder ongunstige omstandighede

    Alhoewel hul perfek was vir mekaar, het die dinge rondom hulle die verhouding teegewerk. Elke keer wanneer jy jou hart of gevoelens met ’n ander deel, raak dit hulle s’n om te “Monitor”. Partymaal is die verantwoordelikheid hiervan net te veel – soos Zaan se ma geskryf het, dit is “fataal”.

    Zaan Sonnekus Monitor

    “Monitor” is vervaardig deur Tertius Human van Vonk Musiek. Alhoewel die lied as alternatiewe rock beskryf kan word, sal die ligte pop elemente gehore buite die genre interesseer. Anders as Zaan se vorige musiek, eksperimenteer hy met ’n ligter tema wat aanklank sal vind by nuwe gehore. Die lied het die potensiaal om spoedig ’n gunsteling op radiostasies regoor Suid-Afrika te word.

    Meer inligting oor Zaan Sonnekus

    Zaan Sonnekus het homself in 2021 as ’n gedugte liedjieskrywer bewys met sy debuutalbum, Zonneblom. Met dié album het Zaan sy stempel gemaak op die Afrikaanse luisteraars en het hy spoedig ’n huishoudelike naam geword. Met treffers soos “Ek kan net bid”, “Tienerkwaad” en “Ten Minste Vir My” het hy dit reggekry om woorde te bring waarna ander gesoek het.

    Zaan Sonnekus verduidelik dat sy ma, wat self ’n skrywer was, een van sy grootste invloede was. Hy geniet musiek en skrywes wat die dieper dinge van die lewe ondersoek. Van sy gunstelingdigters sluit in: N.P. van Wyk-Louw, D.J. Opperman en Breyten Breytenbach.

    Zaan Sonnekus

    As dit by musiek kom, luister hy graag na Francois van Coke, Karen Zoid, Koos Kombuis en Klopjag, maar as dit by sokkiekom, trek hy graag die Kurt Darren-treffers nader. Hy het egter sy liefde vir musiek al in graad 1 ontdek.

    Sy vriend het vir hom ’n CD van Green Day present gegee. Vir die volgende twee weke sou hy elke sekonde wat hy kans kry op sy sussie se CD-speler daarna luister.

    Zaan Sonnekus se opregte lirieke en opregte musiek is ’n vars bries in ’n wêreld waar dit voel of almal jou ’n rat voor die oë probeer draai.

    AdidasOfferforge

    Dié musikant het reeds baie vermag in die musiekwêreld, maar hy warm nou eers op. Zaan is op pad om spoedig sy naam onder die musieklegendes van Suid-Afrika te vestig. Hy is sonder twyfel ’n kunstenaar wie se loopbaan jy gerus kan “Monitor”.

    Kyk die musiekvideo vir “Monitor” hier onder:

    “Monitor” is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    featured event

    011 Festival Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: "Monitor"

    Afrikaans Monitor South Africa Zaan Sonnekus
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMichael Neill Releases New Single: “Free”
    Next Article Majozi Releases New Single Ahead Of Performance @ SXSW
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Rudi Kleingeld
    By Henno KrugerNovember 28, 2024

    Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”

    3 Mins Read13 Views
    Zaan Sonnekus
    By Henno KrugerFebruary 28, 2022

    Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”

    2 Mins Read18 Views
    Zaan Sonnekus
    By Henno KrugerOctober 15, 2021

    Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

    4 Mins Read3 Views
    Zaan Sonnekus
    By Henno KrugerSeptember 24, 2021

    Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”

    4 Mins Read4 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Dani Villé
    July 11, 2025

    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    3 Mins Read32 Views
    Alba Vorster
    July 9, 2025

    Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

    2 Mins Read22 Views
    Leo Sonskyn
    July 3, 2025

    Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

    3 Mins Read7 Views
    Ondersteun Ons!
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Prime Circle
    July 17, 2025

    Prime Circle Unleash Explosive New Video for “Renegade”

    3 Mins Read20 Views
    Chayuta
    July 16, 2025

    Chayuta Releases New Single: “Surrender”

    2 Mins Read11 Views
    Yoshe
    July 16, 2025

    Yoshe Releases Genre-Bending Single: “Lost My Way”

    3 Mins Read6 Views
    Goeters Om Te Doen
    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Selaelo Selota

    Selaelo Selota: August/September 2025 Tour

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    AdidasOfferforge
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read50 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read192 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read35 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Single: “Gurri (You Know You Should)”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • Henno Kruger on The Stremes Release New Single: “Overload”
    • Lexi on The Stremes Release New Single: “Overload”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.