Zonneblom (Zaan Sonnekus se debuut album) is hier! Suid-Afrika se nuutste rocksensasie het uit die staanspoor plaaslike musiekharte verower met sy aangrypende poëtiese lirieke, unieke klank en passievolle vertonings… en nou het die dag waarop bewonderaars al so lank wag uiteindelik aangebreek, want sy debuut-album is uiteindelik beskikbaar!
Volgens dié Pretorianer, met sy donker lokke en kunstige versameling tatoes, is Zonneblom ’n baie persoonlike album wat oor verskeie fases van sy lewe strek.
“Die musiek op die album is nie net deur een ding geïnspireer nie, maar deur verskillende fasette van my eie lewe. Ek moes iewers in die persoonlike aspek daarvan die regte klanke en woorde vind om dit universeel te maak, maar ook persoonlik te hou. Dit is ’n legkaart van my ondervindings en ervaringe in die kort tydperk wat ek op aarde is.”
Hierdie alternatiewe Afrikaanse album is oor die laaste agt maande saam met Tertius Human van Coolerbox Brothers geskep en bestaan uit twaalf magiese oorspronklike snitte, waarmee die talentvolle musikant en liedjieskrywer luisteraars boei van begin tot einde.
Twee van die liedjies (met indrukwekkende musiekvideo’s), “Ek Kan Net Bid” en “Hoog” is reeds vroeër vanjaar uitgereik en het omtrent ’n omwenteling in die Afrikaanse mark kom veroorsaak. “Ek Kan Net Bid” en “Hoog” kan op nasionale stasies landswyd gehoor word en pryk bo-aan verskeie treffersparades. ‘n Derde liedjie vanaf die album, “Tienerkwaad” is ook pas digitaal vrygestel saam met ‘n ongelooflike musiekvideo.
Zaan vertel dat die album amper nie gerealiseer het nie, omdat hy na sy ma se dood gereed was om musiek vaarwel te roep.
Gelukkig het die span by Vonk Musiek sy passie weer laat opvlam en kan hy nou sy ma se nagedagtenis met hierdie pragtige voltooide produk eer.
“Ek dink omdat my ma baie betrokke was by die skryf van die album (sy was ook ’n skrywer by wie ek baie geleer het) en ek dit nooit vir haar sal kan wys nie, was dit amper nie meer vir my die moeite werd nie en het ek al my opnames van my rekenaar af gevee. Ek en Tertius moes dus alles van vooraf doen toe ons begin opneem het.”
Alhoewel elkeen van die liedjies ’n gedeelte van sy storie vertel, meen hy dat “Vingerverf” vir hom baie terapeuties is en dat hy hoop dat dit dieselfde uitwerking sal hê op almal wat dit hoor. “Ten Minste Vir My”, het volgens hom ook die potensiaal om ’n radiotreffer te word, omdat dit so lekker is om na te luister.
Die veelsydige musikant het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA. Sy eerste enkelsnit is in 2017 uitgereik.
Buiten vir musiek, is hy ook betrokke by ’n opname-ateljee genaamd Son Studios, asook Son Sound Productions wat fokus op die verkoop en verhuur van klanktoerusting en beligting. Hy en sy beste vriend het ook ’n besigheid, Inner Ink, wat op industriële vlak verharde glas vervaardig en keramiek-drukwerk doen.
Meer inligting oor Zonneblom
Zonneblom is een van daardie albums wat jou sal hoendervleis gee wanneer jy daarna luister. Elke snit is gekomponeer en vervaardig om uniek te wees en jou te laat nadink oor die lewe.
“Die album is opgedra aan ’n sonneblom-liefhebber. Daar is nog baie liedjies in die bank, maar ek het gevoel dat wat ek gekies het die eerste deel van my storie vertel. My grootste prestasie is dat ek nooit opgegee het op my drome nie,” sluit hy af.
Zaan se offisiële albumvrystelling sal plaasvind by die AfriForum Teater op 26 Oktober om 18h00 vir 18h30. Daar is slegs 100 kaartjies beskikbaar vir die publiek! Hou https://tixsa.co.za/ en Zaan se sosiale media dop vir meer inligting. Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit HIER.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!