Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
      • Photo Of The Week
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

    Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 1 ViewsSeptember 24, 2021
    Share This With Your Friends Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Corné Pretorius se debuut album “Halfvol” is pas uitgereik. Indien jy nie geweet het nie, hy is een van die mees opwindende nuwe stemme in Afrikaanse musiek.

    NetfloristOfferforge

    Die streng inperkings-reëls in 2020 het vir Corné Pretorius, `n bedrywige besigheidsman, skielik die kans gegee om sy droom om `n sanger te wees, te begin uitleef. Binne `n jaar het hy reeds groot sukses behaal met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Halfvol” en “Biertjies.” Die nuutste enkelsnit “Liefde is `n Werkwoord” is verlede maand uitgereik.

    Corne Pretorius

    Corné Pretorius sê dat hy mense wil aanmoedig om, ten spyte van die probleme wat die wêreld tans in die gesig staar, hul drome na te volg. “Enigeiets is moontlik!” sê hy. “Ek kan nie glo dat dinge binne `n jaar so lekker vir my musiek-loopbaan uitgerol het nie. My songs doen baie goed op radio en ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy, Loki Rothman en Margot Rothman en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow.  En nou het ek `n album om bekend te stel!”

    Richard Onraet wat meeste van die musiek-verwerking op Pretorius se liedjies doen sê dat dit vir hom opvallend is, dat alhoewel verskeie kunstenaars aan liedjies vir sy album geskryf het, Pretorius se eie klank en gevoel tydens opnames sterk deurgekom het. “Dit wissel tussen pop, elektroniese en selfs country, maar op die album as geheel, word mens weggeblaas deur Corné se unieke, sielvolle stem.”

    Hunter Kennedy is een van die mees belangrike rolspelers in Corné Pretorius se musiek-loopbaan. Kennedy het ses van die tien liedjies op “Halfvol” geskryf. Kennedy vertel: “Ons het maar net geclick. Hy het groot geword in dieselfde woonbuurt as ek, so ek dink daar was ’n mikrokultuur as anker vir ons om oor die weg te kom.”

    Die res van die liedjies is deur Francois van Coke (“Vuur en Vlam” en “Halfvol”), Loki Rothman (“Werk toe” en “Terug”) en Jani Greeff (“Sal dit jou gelukkig maak”) geskryf. Margot Rothman, wat saam met Corné Pretorius laasgenoemde sing, sê: “Toe ek dit die eerste keer hoor het ek onmiddellik geweet dat ek baie graag deel wil wees van die opname van hierdie besonderse lied. Ek dink Corné het ‘n wonderlike nuwe klank wat die industrie nou nodig het en dis so lekker om deel te kan wees van `n projek wat `n bietjie vars lug bring.”

    “Die inperkingstyd en hoe almal skielik vasgevang voel in hul eie huise het my laat dink oor die emosionele mure en heinings wat ons almal in ons verhoudings met ander bou, en hoe ons almal grense het,” vertel Jani Greeff oor die skryf van “Sal dit jou gelukkig maak. Ek dink Corné Pretorius en Margot se dialoog is iets wat almal kan verstaan.”

    Corne Pretorius - Halfvol

    Meer inligting oor Corné Pretorius se album “Halfvol”

    Die album in geheel is `n samewerking deur `n gedugte span musikante: die skryf en collabs en dan was daar ook vier gewilde musiek-vervaardigers wat aan liedjies op die album gewerk het: Fred den Hartog, Johnny de Ridder, Richard Onraet en Loki Rothman.

    Corné Pretorius sê dat dit ook nog vir hom die kersie op die ‘plate-koek’ was toe Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties ingestem het om die uitreiking van die album te bestuur. “Ek het `n wonderlike span agter my en ons sien uit dat mense die album hopelik net so geniet om te luister, as wat ons dit geniet het om dit te maak!”

    NetfloristOfferforge

    Jy kan “Halfvol” (die album) op Spotify en alle major stroom platforms stroom / download.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    RAMFest 2025 Desktop 728 Corné Pretorius reik debuut-album uit: "Halfvol"
    Afrikaans Corne Pretorius Halfvol
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleI Believe In Giants strip it down with “Just You & I”
    Next Article Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Corne Pretorius - Ek Wil Glo
    By Henno KrugerSeptember 7, 2022

    “Ek Wil Glo”, Corné Pretorius se nuwe video is hier

    2 Mins Read12 Views
    Corne Pretorius
    By Henno KrugerNovember 23, 2021

    Corné Pretorius reik nuwe enkelsnit uit: “Skree”

    2 Mins Read13 Views
    Zaan Sonnekus
    By Henno KrugerOctober 15, 2021

    Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

    4 Mins Read3 Views
    Corne Pretorius - Liefde is 'n Werkwoord
    By Henno KrugerAugust 27, 2021

    Corné Pretorius stel “Liefde is ‘n Werkwoord” vry

    3 Mins Read7 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Tino
    May 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    3 Mins Read11 Views
    Jacobus
    May 16, 2025

    Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

    4 Mins Read10 Views
    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
    May 15, 2025

    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    4 Mins Read12 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Alice Phoebe Lou
    May 19, 2025

    Alice Phoebe Lou Releases New Single: “The Surface”

    3 Mins Read17 Views
    Koki The Mic
    May 17, 2025

    Koki The Mic releases new single: “Ra Tsena”

    2 Mins Read11 Views
    Jann Klose
    May 17, 2025

    Jann Klose releases new single: “When I’m With You”

    2 Mins Read12 Views
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read93 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read184 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read26 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.