Corné Pretorius se nuutste enkelsnit “Liefde is ‘n Werkwoord” is hier. Sy vollengte album word op 24 September 2021 bekendgestel. Voorafbestellings vir die album, getiteld, “Halfvol,” kan ook vanaf vandag geplaas word.
Meer inligting oor Corné Pretorius
Die opwindende nuwe Afrikaanse kunstenaar het die afgelope jaar groot sukses behaal met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Halfvol” en “Biertjies.” Die liedjie “Halfvol” het, volgens RadioMonitor.com tans `n 60 miljoen luisteraars-telling en die videos van hierdie liedjies het gesamentlik reeds meer as 200 000 klieks op YouTube.
Pretorius sê dat hy soms nie kan glo hoe baie daar gebeur het vandat hy sy musiekloopbaan in die middel van die fase 5 grendeltyd in April 2020 afgeskop het nie.
Corné Pretorius verduidelik
“Ek moet myself soms knyp om te besef hoe opwindend hierdie eerste jaar in die musiekbedryf vir my was. Ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy , Loki Rothman en Margot Rothman en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow. Ek werk met `n fantastiese span en is dankbaar aan die publiek dat hulle aanklank by my musiek vind.”
Meer inligting oor Corné Pretorius se “Liefde Is ‘n Werkwoord”
Pretorius het “Liefde is `n Werkwoord” in studio geskryf en opgeneem saam met Hunter Kennedy en Fred den Hartog. Hy vertel: “Ons kom gewoonlik saam en begin dan riffs uitwerk en dan kom die lirieke. Daar is vir my niks wat naby die gevoel van studio-tyd kom nie. Die wêreld staan stil en alles draai om die maak van songs.”
Die video vir “Liefde is `n Werkwoord” is deur Damiane van Reenen in die Kaap in ‘Katinka die Kat’ se woonstel verfilm. Die vervaardiger was Marguerite van Eeden, met die akteurs Jane de Wet en Andhar Cotton.
Kyk die video vir “Liefde is ‘n Werkwoord” hier onder:
Hunter Kennedy het agt van die tien liedjies op “Halfvol” geskryf. Hy vertel ons meer
“Ek is voorgestel aan Corné by Van Coke Studios. Ek het in 2020 baie tyd op my hande gehad en dit was “goeie timing” toe Corné my vra om vir hom liedjies te skryf. Ek moet sê, ek het nie verwag om boonop vriende te raak met Corné en ook nog in sy band te speel nie! Maar dit is presies wat gebeur het. Ons het maar net geclick. Hy het groot geword in dieselfde woonbuurt as ek, so ek dink daar was ’n mikrokultuur as anker vir ons om oor die weg te kom.”
Daar was vier musiek-vervaardigers wat aan liedjies op die album gewerk het: Fred den Hartog, Johnny de Ridder, Richard Onraet en Loki Rothman.
Kennedy vertel ons meer hieroor
“Ek dink ons het ’n album gemaak waarop Corné kan trots wees. Hierdie album is nie net ’n kwaliteit debuut nie, maar ek moet byvoeg vir my ’n bewys van die veelsydigheid van ons vriendekring waarvan Corné nou deel is. Almal wat aan die album gewerk het, het `n belangrike bydrae gelewer.”
“Aan die begin het ek gedink ons moet dit cool genoeg maak vir Pierre Greeff om as produksie-bestuurder aan boord te klim en hy het! Dis nie maklik om ’n musiek loopbaan te loods in ’n grendel- tydperk nie. Ek dink Corné is nogal lucky om so `n formidabele span agter hom te hê. Dit is nie sommer vir enige iemand bestem nie, maar hy het self ook hard gewerk om dit te kan laat gebeur. Die resultaat is een amazing album.”
Luister na Corné Pretorius se musiek op Spotify.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!