Jack Parow kan nie trotser wees om sy musiekvideo vir “My Koningkryk” vry te stel nie. Dit is sy tweede enkelsnit en video van sy nuutste album, Afrika 4 Beginners, wat einde 2017 uitgereik is. Parow slaan later hierdie maand die pad om sy album te bemark en inligting daaroor kan onderaan gevind word.
“My Koningkryk” is Jack Parow se ode aan Suid-Afrika en hierdie liedjie vat Afrika 4 Beginners se gees mooi vas. “Oh no, what’s a bunny chow, buddy. No no bunny, half loaf curry. Bro don’t worry, you wanna feel better? Medicine man make your d*ck grow bigger. Klomp goeie tye, dalk klein bietjie crime. Maar ons rol dik rustig op African time.”
Indien jy gewonder het: jy kan Afrika 4 Beginners kry op alle digitale platforms en in enige goeie musiekwinkels regoor die land. Jack Parow laat graag sy musiekvideos inkleur deur ons land se asemrowende landskappe soos met sy twee ander musiekvideos wat op die pad verfilm is, “Dis hoe ons rol” en “P.A.R.T.Y.”. “My Koningkryk” is verfilm tydens ‘n verkenningstog langs die Weskus. Hierdie musiekvideo vertoon weereens Parow se diep liefde vir ons lekker land en sy mooiste mense.
As jy lus vir ‘n party, maak seker jy check Jack Parow live by een van hierdie shows in Februarie 2018:
- 8 Februarie 2018 – Coolz Crafty Corner, Benoni
- 9 Februarie 2018 – Rumours Lounge, Johannesburg
- 10 Februarie 2018 – Mozito Sports Bar, Rustenburg
- 11 Februarie 2018 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort
- 15 Februarie 2018 – Mystic Boer, Potchefstroom
- 16 Februarie 2018 – Arcade Empire, Pretoria
- 24 Februarie 2018 – Café Roux, Kaapstad.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.