Sedert Jack Parow se veertigste verjaardag op 22/02/2022, stel hy elke maand op die 22ste ‘n splinternuwe enkelsnit vry. Hy gaan aanhou om maandeliks ‘n nuwe rap te te laat val tot Februarie 2023 wanneer sy album, Die Evangelie van Goeie Tye, volbring is.
Die heel eerste enkelsnit vanaf Die Evangelie van Goeie Tye was “Demone” met Margot. En nou het die tyd gekom om die musiekvideo ook bekend te stel. In 2021 het Parow na die Knysna woud gegaan om sy persoonlike demone in die gesig te staar. Hy het sterker as ooit terug gekom.
Jack Parow is baie trots op die eerste musiekvideo wat hy al ooit self geskryf en die regie van behartig het. Hierdie musiekvideo is vrygestel om 2:22pm op Maandag, 5 September.
Jack Parow vertel ons meer oor “Demone”
“Demone was die eerste single van my nuutste album, Die Evangelie van Goeie Tye en ook nou die eerste music video wat ek self direct en geskryf het. Dit was vir my ’n nerve-wrecking experience, maar ek is so bly ek het dit aangepak!”
“Dit is ‘n baie betekenisvolle song vir my en om dit te kon skryf, en so eerlik te wees met myself, in so ‘n ‘scary mind space’ was een van die dinge wat my uit daai donkerte gekry het en terug na die lig toe. Dit was vir my die begin van ‘n proses wat gelei het tot ’n metaforiese hergeboorte in my ‘mind state’ asook in my musiek.”
“Ek wil net ‘n extra groot dankie sê vir JÄGERMEISTER wat my ge-BACK het van die begin af en vir my gesê het om te go for it; hulle doen so baie vir local music. Dan ook net aan Margot Rothman vir haar amazing stem en vibe, die span wat saam met my gewerk het om dit tot lewe te bring, die amazing modelle wat game was vir alles en ook ANNIE’S WARDROBE, PROPS TO THE STARS en SCAR Hair se span van stylists. Ek voel so geëerd dat almal so glo in my vision en altyd my toelaat om te maak wat ek wil. LIEF VIR JULLE!”
Margot Rothman is bekend vir haar dekking van “Toe vind ek jou” op die fliek, “Fiela se kind” se klankbaan. Haar broer, Loki Rothman, het “Demone” vervaardig en vervaardig ook van ander liedjies op die Evangelie van Goeie Tye.
Kyk die video vir “Demone” hier onder:
Ek moet erken dat hierdie een van die beter Jack Parow liedjies is wat ek die laaste paar jaar gehoor het. Dit is sover my gunsteling liedjie uit die paar liedjies wat alreeeds uitgereik is as deel van sy Die Evangelie van Goeie Tye album.
Jy kan “Demone” HIER aflaai / stroom.
6 ander liedjies is alreeds uitgereik wat op Jack Parow se nuwe album gaan wees. Hou aan lees en vind meer uit oor hulle.
Jack Parow vertel ons meer van “Piele”
“Met die tweede single van my album, Die Evangelie van Goeie Tye, wou ek weg beweeg van die donkerder kant wat ek ge-channel het in “Demone” en sê, jy weet, dinge mag dalk woes gaan partykeer of jy mag dalk deur ‘n rowwe tyd gaan maar op die einde van die dag sal alles weer cool wees, of soos ‘n mens sê, moenie worry nie, ALLES IS PIELE!”
Jy kan “Piele” HIER aflaai / stroom.
Jack Parow vertel ons meer van “Meisies en Partytjies” (saam met Angie oeh)
“Dis ‘ n weerspieëling van enige wilde jol tydens die pandemie se aandklokreël, it could go either way. Jy kan opeindig met mense wat jy love of mense wat jou irriteer… maar ek’s gewoonlik willing om te gamble.”
Behalwe dat Jack Parow en Angie oeh albei voortreflike rappers is, het hulle ook ‘n paar ander dinge in gemeen… meisies en partytjies. Hierdie liedjie sal enige partytjie aan die gang kry of lekker lewe in blaas.
Jy kan “Meisies en Partytjies” HIER aflaai / stroom.
Jack Parow het net een ding te sê oor “Puff Puff Puff”
“Bederf jouself.”
Jy kan die track HIER aflaai / stroom.
Jack Parow verduidelik “Paranoia”
“Wanneer elke minuut soos 10 voel en selfs die grim reaper by jou deur staan om te kyk of jy nog lewe… dit is waaroor hierdie song gaan. Die paranoia, die angs, die vrees vir jou lewe en die hoop dat hierdie hangover asseblief net nie so erg soos die laaste keer sal wees nie.”
Jy kan “Paranoia” HIER aflaai / stroom.
Meer inligting oor die 2 ander liedjies wat uitgereik is sover
Jack Parow bewys weereens hoekom hy die Koning van Afrikaans Rap is met sy gevaarlike flow in “Rolmodel” en laat die treffers vloei met “There it is”.
Ek dink persoonlik hierdie album gaan kak gevaarlik wees. Merk my woordjies mensies. Ek het so spesmaas dat ek die completed projek op repeat gaan luister as dit finally klaar is.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.