Kontroversiële rapper, Angie oeh, het haar debuut kortalbum, Sex in Afrikaans, op 20 Mei 2022 vrygestel. Daarmee saam het sy die musiekwêreld met ‘n vars kwas geverf en vining baie aandag getrek.
Angie se grootste inspirasie is ‘n vrou se liggaam en sy het haar kortalbum beskryf as “’n ode aan vroue, aan tieties, en meeste van alles… aan dans.” Alhoewel haar musiek vir sommige vernederend teenoor vroue kan klink, is haar doel om dit normaal te maak vir meisies om oor meisies te sing… en dan ook om almal op die dansvloer te kry.
Met haar vuurwarm nuwe musiekvideo vir “Sex in Afrikaans” sit Angie oeh haar doel oor in aksie
Die video is verfilm in ‘n pakhuis in Woodstock, Kaapstad en is alles “oop spasie met karre en booty’s en bikes en rook en Jägermeister,” soos Angie dit beskryf. Angie gaan aan om te vertel: “Die dansers was fantasties en het die vibe geset vir ons almal. Die choreografie was perfek!”
Bekende drywer, Yaseen Damon, het die karre en die drywers voorsien. “Die coolste ding wat ek seker nóg gedoen het, was om in ‘n kar te spin terwyl ek by die venster uithang. Iets wat ek nooit sal vergeet nie,” vertel Angie.
“Die geleentheid om saam met filmmaker Geoff Hookins te werk was great,” sê Angie oeh. “Ek is verskriklik trots om hierdie musiekvideo uit te sit en ek dink ons is besig om ietsie nice vir Suid-Afrikaanse musiek te doen. Ek’s so blessed en daar is so baie mense vir wie ek dankie wil sê. Ek hoop almal vibe met die song en die video so hard soos wat ek doen. Love you guys, aweh!”
Kyk die video hier onder:
Warm op die hakke van haar debuut kortalbum, gaan Angie oeh haar tweede kortalbum op 1 September vrystel. Die album word vervaardig en opgeneem deur Peach van Pletzen by Planet Awesome.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.