Angie oeh se enkelsnit ‘’Mooiste meisies’’ begin só: ‘’Al die mooiste meisies in die land. Kom vat my hand en volg my na die strand. Nasty dinge boudjies gaan nou brand. Kry die kamera. S**t raak interessant’’.
Die musiekvideo bring hulde aan al die mooi meisies van Suid-Afrika. Soos met haar eerste musiekvideo vir “Sex in Afrikaans” is die video gepak met dames, maar hierdie keer in kleurvolle swemklere. “Mooiste meisies” klink en lyk soos die somer.
Angie oeh vertel ons meer van “Mooiste Meisies”
“Net soos met ‘Sex In Afrikaans’, is ‘Mooiste Meisies’ geskryf om mense te provoke en om aandag te trek in the ways we need to. Ek demand equality. Al moet ek dit met ‘n song doen. Dit is ook my missie om aan vrouens ‘n platform te gee waar hulle nie uit ‘n manlike oogpunt geseksualiseer word nie. Almal moet kan titties skut sonder dat hulle aangestaar word. Dis net lywe.”
Die liedjie is die titelsnit vanaf Angie oeh se tweede kortalbum van die jaar. En dis nou amper ‘n jaar vandat sy “Dis jou wyfie” vrygestel het en só haar musiekloopbaan af geskop het.
Angie oeh vertel ons meer van die video
“Ek’s super excited om die stukkie kuns met almal te deel. ‘Mooiste meisies’ se stilering is set in die 80’s by ‘n beach party met vrouens, boude, titties, Jägermeister en sick dancing wat alles bymekaar bring.”
Dieselfde dansers as in Angie oeh se musiekvideo vir “Sex in Afrikaans” (Quanita Allie, Sasha Nkonyana en Shannon Bester) maak weer hul verskyning. Volgens haar is hulle “amazing en bring elke keer die vibe!”.
Kyk die video hier onder
Jy kan Angie se EP hier stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.