“Hartseer Freaks” is die derde musiekvideo vanaf Francois van Coke se vierde solo album getiteld Kanniedood wat in September 2022 uitgereik is. Hierdie lied is ‘n groot gunsteling onder Francois se aanhangers. Sy Fokofpolisiekar vriende Hunter Kennedy en Johnny de Ridder het die “Hartseer Freaks” saam met hom geskryf.
Francois Van Coke en Hunter Kennedy skryf nou al vir 22 jaar saam liedjies
“Ek en Hunter skryf al songs saam vandat ons laaities is en daar gebeur altyd iets spesiaals wanneer ons saam werk aan ‘n song. Dit klink dit soos iets anders… nie ek of hy nie.” vertel Francois.
Die musiekvideo is gemaak deur mede Fokofpolisiekar groepslid, Jaco S. Venter en Heinrich Laubscher. Kyk dit hier onder:
“Ek dink die video is kak funny en roerend. Dis lekker vir my om saam met Frannie en Johnny en Snake en Heinrich terug te keer na ons punk roots. DIY vibes. Ons het ‘n geheimsinnige weldoener gehad, so ons kon bietjie budget in stoot. Ek like die energie en die boodskap. Party with a conscience!” vertel Hunter Kennedy.
“Hartseer Freaks” is een van my gunsteling liedjies op Kanniedood en die musiekvideo doen definitief die song justice.
“Kanniedood is die aanvaarding van sterklikheid, want die dood is onvermydelik. Dit is ook ‘n herinnering om die lewe te vier omdat ons tyd hier min is.” sê Francois Van Coke
Jy jan Kanniedood HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.