Bouwer Bosch het vandag ‘n nuwe enkelsnit (“Sambreel”) vrygestel. Die enkelsnit kom ná die vrystelling van sy laaste enkelsnit – ’n samewerking met ABBY – ‘Soos Ek Doen’ in April. Albei liedjies is van sy opkomende nuwe album, wat in Oktober 2022 vrygestel word.
Meer inligting oor “Sambreel”
“Sambreel” is geskryf tydens die laaste donderstorm voor die winter toegeslaan het. Geïnspireer deur die gevoel van kwesbaarheid wat jou oorweldig wanneer jy dinge ervaar wat jy nie altyd verstaan nie, beskryf Bouwer die enkelsnit as ’n emosionele partytjielied. ’n Rou en eerlike offer gevul met melancholie; ‘n liedjie wat jou mense sal laat mis wat jy nie ken nie, gekombineer met ‘n opbouende koor wat hoop bring.

Bouwer Bosch verduidelik “Sambreel”
“Die liedjie handel oor die verskillende tipes verhoudings wat ons het. Nie alle verhoudings is romanties, vriendelik of langtermyn nie. Ons het kort verhoudings of interaksies met ons petroljoggie, die kelner, die kassier, die bedelaar by ‘n verkeerslig. Al daardie kort, klein interaksies het ‘n impak op ons lewens – sommige goed, ander sleg. Die liedjie ondersoek die betekenisvolle verhoudings wat ons daagliks met vreemdelinge het.”
Die video vir die enkelsnit is in Junie op ‘n koue wintersaand by ‘n bushalte in Linden geskiet. Met regie deur Bouwer self en Nico Welgemoed as Kinematograaf, is die video in 90 minute geskiet.
Vir die video wou Bouwer en Nico ‘n interaksie tussen twee vreemdelinge skep en wys wat ‘n kort ontmoeting van 3 minute tussen twee mense tot gevolg kan hê. Met die musiekvideo as ‘n kortfilm en die liedjie lirieke as dialoog, sal “Sambreel” ‘n beroep doen op ‘n wye gehoor vanweë sy tema van verhoudings en alledaagse lewe.
Kyk die video vir “Sambreel” hier onder
Ek moet erken dat hierdie een van die beter liedjies is wat Bouwer Bosch in die laaste paar jaar vrygestel het. Eks nuuskierig om uit te vind hoe die res van sy album gaan klink.
Bouwer Bosch stel sy splinternuwe album in Oktober 2022 vry, en beskryf dit as ‘n diverse album in terme van temas met “Sambreel” as die liedjie wat alles saambind. Die album sal gevul wees met verrassings en samewerkings en aanhangers kan uitsien na diep betekenisvolle gesprekke met hulself.
Jy kan “Sambreel” HIER stroom of aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.



