Die gewilde nuwe sanger Corné Pretorius het pas `n video vir sy nuutste enkelsnit “Ek wil glo” uitgereik. Hy vertel dat dié hoendervleis- liedjie grootendeels oor die Liefde handel. Hy voeg by: “Maar mense kan dit intepreteer soos hulle wil. Net die idee dat mens kan glo, dat enigeiets waarvoor jy wens moontlik is, is wat ek met hierdie lied wil tuisbring.”
Damiane van Reenen het die treffende video vir dié gewilde enkelsnit verfilm by Pencil en Oak in Drakenstein Mall. Die video neem Pretorius op `n terugblik-reis na al die wonderlike dinge wat die afgelope 3 jaar in sy musiekloopbaan gebeur het.
Jan Bloukaas het aanvanklik die musiek vir “Ek wil glo” geskryf en dit is later verder verwerk deur Johnny de Ridder. Hunter Kennedy het ook saam aan die lirieke geskryf.
Meer inligting oor “Ek wil glo”
“Ek wil glo” is die nuutste enkelsnit vanaf Corné Pretorius se debuut-album Halfvol wat in September 2021 uitgereik. Dit bestaan uit 10 liedjies wat in samewerking met `n span gedugte plaaslike kunstenaars en musiek-vervaardigers opgeneem is.
Sy grootste treffer tot dusver, die titelsnit van die album, Halfvol, het reeds `n gesamentlike luisteraars-telling van 80 miljoen op nasionale radiostasies en dié gewilde liedjie het in 2020 verskeie nommer 1 posisies bereik, insluitende Jacarandafm en Radio Helderberg.
“Liefde is `n Werkwoord”, die liedjie wat Pretorius saam met Hunter Kennedy in 2021 opgeneem het, het die nommer 1 posisie op Bok Radio se Top 30 gehaal. Oor Bok radio se nommer 1 sê Pretorius: “In my wildste drome as `n jong seun het ek nooit gedink ek sal eendag ABBA verbysteek vir `n nommer 1 posisies op `n treffersparade nie!”
Pretorius is ook huidiglik vir “Liefde is `n Werkwoord” in Pretoria FM se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings benoem in die kategoriee “Nuweling van die Jaar” en “Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar.” Dan was daar ook nog die sukses van sy ander treffende liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Biertjies” en “Skree”, wat wys dat Corné Pretorius een van Suid-Afrika se mees opwindende Afrikaanse kustenaars is om dop te hou.
“Ek hoop almal geniet “Ek wil glo” se video” sê Pretorius. “Dit is een van my gunstelinge!”
Kyk die video vir “Ek wil glo” hier onder
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.