Goeie nuus musiek liefhebbers! Kersfees is vroeg oppad hierdie jaar! Jack Parow en Jitsvinger het hul gevaarlike kragte saamgespan om die Dis Bef*k Remix (gesensorde weergawe is Dis Bfk Remix) GRATIS uit te bring. Dis Bef*k is oorspronklik vanaf Parow se Nag van die Lang Pette (2014) dubbelalbum en gaan oor sy liefde vir sy dogtertjie.
In die Dis Bef*k Remix rap Jitsvinger oor sy droom van ‘n “twisted premonition” om ‘n monster van ‘n baba te hê. Omdat hy nie self ‘n pa is nie, vra hy vir Parow hoe om te maak. Parow se antwoord is eenvoudig: “Bra, moedernatuur prepare jou mos die beste.”
Parow en Jits gooi sommer ‘n liriek-musiekvideo saam met die gratis liedjie in. En nou vir ietsie anders… die beeldmateriaal vir die musiekvideo is deur Jack Parow se dogtertjie, Ruby, geneem. Ruby is toegerus met ‘n GoPro sodat die video lewe uit haar oogpunt uitbeeld. Die lirieke in die video is in Parow se eie handskrif geskryf – en ek wil nou nie corny klink nie, maar die video is rêrig befok. Kyk hier onder as julle my nie glo nie:
Julle kan hierdie liedjie gratis hier aflaai:
Parow is ‘n groot fan van Jitsvinger en sy album, Skeletsleutel, is een van sy gunsteling Afrikaanse albums van alle tye. Hulle het albei die kans om saam te werk aangegryp en het bewys om ‘n duidelike kombinasie te wees toe hulle die liedjie opgeneem het by Red Bull Studios in Kaapstad.
Parow se eertydse kitaarspeler, Loki Rothman, het hierdie weergawe van Dis Bef*k vervaardig. Kyk uit vir Parow en Jitsvinger se vertoning van Dis Bfk Remix saam op SABC 3 se Weekend Edition. Saterdag, 3 Desember tussen 06h30 en 09h00.
As jy op vakansie gaan die maand, wees maar op die uitkyk vir die man met die snor by die bar as jy jouself dalk bevind in een van hierdie dorpe / stede:
- 3 Desember 2016 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
- 4 Desember 2016 – Sea & Sand, Hermanus
- 5 Desember 2016 – Jolly Dolphin, Jeffrey’s Baai
- 6 Desember 2016 – Club VIP, Plettenberg Baai
- 23 Desember 2016 – Flamingos, Langebaan
- 26 Desember 2016 – Jolly Dolphin, Jeffrey’s Baai
- 27 Desember 2016 – Zanzibar, Knysna
- 28 Desember 2016 – Zanzibar, George
Wees op die uitkyk vir gereelde artikels in the Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.