Hierdie September stel Spoegwolf ’n splinternuwe album vry, getitled Silwer. Die eerste enkelsnit vanaf die album se musiekvideo met dieselfde naam, is van vandag af aanlyn te sien.
In 2019 het Spoegwolf die eerste Afrikaanse kunstenaar geword wat die #1 plek op die ‘Apple Music South Africa Album Chart’ vir alle genres behaal het met hul album ‘Koma’. Sedertdien het al drie hul daaropvolgende albums ook die #1 plek behaal. Silwer is hul agste vollengte album. “Silwer” (die enkelsnit) is vroeër vanjaar gedurende die wintermaande geskryf.
“’Silwer’ is ’n verhaal van vryheid en liefde. Natuurlik met klipharde musiek. Dit laat jou voel asof jy skateboard ry tussen Jupiter en Mars.”
Kenmerkend aan die groep se musiek, wek die liedjie se melodie ’n gevoel van onoorwinlikheid, gekombineerd met ‘n storielyn van twee mense wat losbreek.
“In die winter hang die Silwer wolke soos ’n kombers oor ons terwyl dit ons vryheid inperk. Maar ons ry. Ons ry vinnig en vêr. So we’re getting out of here.”
As enkelsnit bied die liedjie ’n triomfantelike terugkeer vir die groep wat dit beskryf as hul hardste, beste en grootste aanbieding tot dusver.
“As ons een laaste song kon speel, is dit hierdie een.”
Die musiekvideo vir “Silwer” is in Augustus in die Paarl geskiet deur Andre Badenhorst en Eric Graham. Die musiekvideo speel af oor ’n dag in Spoegwolf se lewe waar al die lede dinge doen waarvan hulle hou. Hulle is almal op pad na iewers, en kom uiteindelik bymekaar uit vir ’n optrede tydens sonsondergang.
Kyk die Spoegwolf se musiekvideo vir “Silwer” hier onder:
Die album, word op 3 September 2021 vrygestel. Luister / laai die eerste enkelsnit af.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.