Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Andriëtte Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jy Was Altyd Hier”

    Andriëtte Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jy Was Altyd Hier”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 37 ViewsJuly 26, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Met haar splinternuwe enkelsnit “Jy Was Altyd Hier” neem Andriëtte luisteraars op ’n diep persoonlike reis van selfontdekking, hoop, geestelike oorgawe en uiteindelike hereniging met liefde.

    NetfloristOfferforge

    Hierdie Afrikaanse ballade, ryk aan emosie en poëtiese lirieke, is nie net ’n lied nie – dit is ’n hart se verhaal.

    Andriette

    Meer inligting oor Andriëtte se nuwe liedjie

    Die openingsreël, “Waarna toe sou jy gaan, as ek nog ’n dag sou wag…”, stel onmiddellik die toon van onsekerheid en vrees. Andriëtte erken sy was bang om liefde te verloor – nie omdat dit nie bestaan het nie, maar omdat sy dalk te lank gewag het om dit te erken.

    “Ek het gewonder of hy dalk sou besluit hy het genoeg gewag en ek verloor hierdie liefde vir ewig,” vertel sy eerlik. Hierdie vrees het diep wortels gehad in vorige hartseer: “Ek was bang vir liefde… omdat ek al teleurstelling ondervind het en my geloof begin verloor het.”

    Die liriek “Ek moes my pad gaan soek, moes my vrede vind” dui op ’n innerlike reis van genesing en geloof. Andriëtte se spirituele pad was ’n kernonderdeel hiervan: “Ek het begin bid en vir Jesus gevra Hy moet my vrede gee as dit die man is vir my – en Hy het. Ek bid en ek stap in die natuur. As ons nie na Jesus kan opsien nie, sal ons verlore bly voel.”

    Een van die mees aangrypende oomblikke in die lied kom met die reël “Jy was altyd hier voor my.” Andriëtte vertel hoe mense dikwels liefde soek op die verkeerde plekke: “Jy is opsoek na die goeie in ’n minder belowende maat… en mis die een wat regtig vir jou daar is.”

    Vir haar was hierdie besef letterlik waar: “Hy het voor my krieket gespeel in my agterplaas toe ek 12 was,” lag sy. Met hierdie slotreël voltooi die storie sy sirkel – die liefde was nog altyd daar, net waggend om erken te word.

    Die brug van die lied bevat die rou belydenis: “Elke stap wat ek gegee het was vir jou.” Andriëtte onthou: “Toe ek my man ontmoet, het ek vir hom gesê ek is nie gereed vir hom nie. Maar ek het belowe: as hy my kan glo, gaan ek nog met hom trou.”

    Die woorde “Ek gooi my hande oop” simboliseer haar oorgawe – nie net in liefde nie, maar ook in geloof. “Ek is maar bang vir teleurstelling,” sê sy eerlik. “Maar soms voel mens met iemand jy hoef nie so te voel nie.”

    Andriëtte wou hê die musiek moes luisteraars emosioneel raak en vir hulle ruimte gee om hulle eie stories daarin te sien. Sy en medeskrywer Werner (van Blouberg) het ’n betowerende komposisie geskep wat temas van afstand, soeke, hoop en hereniging perfek vasvang.

    “Ek wou iets diep hê, iets oor liefde. Ek dink baie van ons was al deurmekaar en onseker, veral in ons 20’s,” sê sy. Op die vraag of spyt en hoop universele temas is, antwoord sy: “Ek dink dis universeel. Ons is almal net mens en ons moet soms ons kop stamp om te besef iets goeds is reg voor jou oë.”

    “Jy Was Altyd Hier” is meer as net ’n liefdeslied – dit is ’n refleksie oor tyd, verlies, geloof, tweede kanse en uiteindelike vrede. Met hierdie snit bewys Andriëtte nie net haar vaardigheid as sanger en storieverteller nie, maar ook haar vermoë om universele kwesbaarhede en hoop aan te spreek.

    Dis ’n lied vir elkeen wat ooit gewonder het of hulle te laat liefgekry het – en vir elkeen wat uiteindelik besef het dat liefde nog altyd daar was.

    “Jy Was Altyd Hier” is nou beskikbaar op Spotify en alle ander digitale platforms. Volg Andriëtte vir meer inspirasie en stories agter haar musiek.

    Deur liefde, gebed en eerlikheid kan selfs die sterkste storms in ’n lied verander – en in Andriëtte se geval, in ’n meesterstuk.

    Kyk die video vir “Jy Was Altyd Hier” hier onder:

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Ruderick Heuer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Skree Vir Altyd”
    • Angie oeh reik musiekvideo uit vir “Altyd op my vibe”
    • Jack Parow & Loki Rothman Reik “Altyd op Vakansie” Uit
    • “Gelukwaarts”, Die Nuwe Petronel Baard Enkelsnit is Hier

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Andriëtte Jy Was Altyd Hier South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMarene Launch New Era With Heartfelt Single: “Finchie”
    Next Article Lady Zamar & Fido Release New Single: “Show Me”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Amanda Luca
    January 8, 2026

    Amanda Luca verken hart en hemelruim met haar debuut-EP

    3 Mins Read47 Views
    Christian John
    December 17, 2025

    Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    3 Mins Read24 Views
    Vrede
    December 15, 2025

    Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    3 Mins Read24 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Calabash South Africa Cancelled Featured Calabash South Africa 2026 Cancelled
    January 14, 2026

    Calabash South Africa 2026 Cancelled

    2 Mins Read164 Views
    Major Lazer
    January 13, 2026

    Major Lazer Drops 10-Year Anniversary ‘Lean On’ EP

    3 Mins Read18 Views
    Ruff Majik
    January 6, 2026

    Ruff Majik Releases New Single: “Can Of Wyrms”

    3 Mins Read41 Views
    Goeters Om Te Doen
    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    AmaGroove 2026

    AmaGroove: 22-29 March 2026

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Tunde from Lighthouse Family Profile

    Tunde from Lighthouse Family: February 2026 SA Tour

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Sheron

    Sheron

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read71 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read70 Views
    Michael Ferguson
    December 9, 2025

    An Interview with Michael Ferguson

    7 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.