Vandag sien die vrystelling van Spoegwolf se agste vollengte album, Silwer. Silwer kom na die vrystelling van die eerste enkelsnit vanaf die album met dieselfde titel in Augustus.
Silwer, die album, is vroeër in 2021 geskryf en die groep het ’n totaal van agt maande aan die album gewerk. Jurgen von Wechmar was weer, soos met al Spoegwolf se vorige albums, aan die stuur van vervaardiging en die album is opgeneem by Sunset Recording Studios, met baie pre-produksie werk wat plaasgevind het by die band se eie studio, Die Wolfhuis.
Met berge, branders en die maan as inspirasie, bevat die album ‘n mengsel van epiese en huishoudelike temas, soos ‘n supernova in die lug bo ‘n stil klein plaashuis in die reënerige Bolandse berge.
Spoegwolf vertel ons meer oor Silwer
“Hierdie album is rooted in happy memories. Dis die eerste Spoegwolf album wat so is. Die res was harde, negatiewe musiek. Hierdie is harde, dankbare musiek.”
Die groep beskou die album as die tipe musiek wat hul nog altyd wou maak, maar nog nooit tyd gehad het voor nie; ’n meer musikale aanbieding met ’n fokus op die verwerkings en musiek wat ’n storie vertel.
“28 minutes, three bags of sand and a whole lot of rock and roll. Hierdie album is ons manier om ons fans uit te vra op nog ‘n duisend dates. Let’s do this. Kom ons drink en kom ons sing. Ons het alles in hierdie album gesit. Alles.” sê Spoegwolf
Jy kan die album HIER stroom / download.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.