Spoegwolf, die bekroonde, onafhanklike Alternatiewe Rock ensemble van Suid-Afrika is terug en bied met trots aan: Droombrief – hul negende vollengte studio-album en die nuutste hoofstuk in hul aanhoudende liefdesverhouding met kuns en eerlike musiek.
Deur die loop van hul 10-jaar loopbaan betower Spoegwolf al wat ’n gehoor is en die groep het oor die jare ’n gevolg van toegewyde aanhangers opgebou.
Meer inligting oor Spoegwolf
Spoegwolf reik albums uit wat selfs tussen internasionale trekpleisters tot bo-aan ranglyste skiet en verdien kritieke lof vir hul unieke mengsel van digkuns, passie, teatrale flair en suiwer, ongerepte Rock & Roll.
Nog vars op die rakke word Droombrief reeds geag as van die band se beste werk sovêr. Die album toon duidelike progressie in hul kenmerkende klank. Meer volwasse met ouderdom, maar steeds so rou en kragtig soos ’n mens van Spoegwolf sou verwag.
Meer inligting oor Droombrief
Droombrief dek ’n spektrum van temas, beide epies en huishoudelik, en bied so ’n holistiese blik op die toestand van die mens. Voorsanger Danie Du Toit se hartlike liedere raak aan die liefde, twyfel, oorwinning, verlies en vasberadenheid op die maat van sielsmusiek wat grensloos vloei deur onverkende soniese ruimtes – ’n testament tot die groep veelsydigheid as musikante.
Spoegwolf handhaaf ‘n perfekte balans tussen delikate skoonheid, stewige dryfkrag, ekstatiese vreudge, broeiende donker en indrukwekkende dramatiese intensiteit.
Hierdie album is ’n fees van klank vir beide nuwe luisteraars en ou, gesoute aanhangers – daar word ’n vol bord van Spoegwolf se heel beste hier bedien. Dis musiek wat daarna streef om die wêreld beter, harder, eerlik en, bo alles, nóg meer Rock & Roll te maak.
Droombrief Liedjielys
- Check, One Two
- Bring My Geweer
- Val In, Val Uit
- Slapende Honde
- Raas In Die Straat
- Droombrief (feat. Johan Du Toit)
- Stukkend
- Voel Jy Dit Ook?
- Donker
- Spoke (Tussenspel)
- Deinings
- Vergeet
- Kerse
Droombrief is nou beskikbaar op alle stroomdienste, klik hier om te luister / af te laai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.