Augustus 2021 sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit van Lucinda, getiteld “Sinne”. Die liedjie is die tweede enkelsnit vanaf haar debuut solo album wat in Julie vanjaar vrygestel is, genaamd Uitgeskryf. Die eerste enkelsnit was ’n samewerking met John-Henry Opperman van Klopjag met die naam, ‘Ons is Ons’ wat in Junie vanjaar die lig gesien het.
Die liedjie is in 2019 geskryf reeds geskryf en handel oor die gevoel van waansin wat mens ervaar wanneer jy iets met iemand probeer deel en dit voel asof hulle nie verstaan of hulself in jou skoene wil plaas nie.
Lucinda verduidelik die inspirasie vir “Sinne”
“Die inspirasie vir ‘Sinne’ was menigde gesprekke met iemand wat my laat voel het asof ek nie kon deur dring tot hulle nie… Dit was heeltyd asof my woorde op dowe ore geval het.”
“Sinne” is ’n unieke aanbieding vanaf die album: Die enkelsnit bevat lae stemme gemeng met ’n Pop koor wat in die oorbruging meer van ’n Blues invloed aanneem, en ’n koor van roep-en-antwoord-stemme bestaande uit Lucinda se stem. Gekombineerd met pragtige harmonieë, is die liedjie definitief die enkelsnit vanaf die album waarop aanhangers kliphard in die kar kan saam sing.
Lucinda sê nog ietsie oor “Sinne”
“Enige iemand wat al in hul lewe gevoel het iemand verstaan moontlik nie ‘n situasie waardeur hul gaan nie, sal aanklank vind by ‘Sinne’. Enige iemand wat voel hul woorde val op dowe ore en dit dryf hul bietjie teen die mure uit.”
Jy kan die liedjie HIER stroom / download.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.