Francois van Coke en Ryno Velvet sorg vir ‘n lekker somer saamsing lied wat reeds vas sit op repeat soos die strome loop.
“Aande” is die tweede enkelsnit naas “Victor Ludorum” wat Francois vrystel voordat sy vyfde vollengte solo album, Die Ruimte bekend gestel word op 20 Maart 2025. Die musiekvideo vir hierdie nuwe treffer is ook nou uit.
“Aande is ‘n partytjielied en ‘n ode aan die nag terwyl ons die huidige stand van ons samelewing betreur.” sê Francois van Coke. “Ek ken vir Ryno Velvet al lank, maar ons het mekaar beter leer ken tydens ‘n toer na die UAE saam met Fokofpolisiekar in Mei hierdie jaar.”
“Hy was my gunsteling toertjom. Op ‘n toerbus êrens in die woestyn het hy vir my die koor van ‘n song gesing.” vertel hy.
“Hy het gedink dit pas nie regtig in as ‘n Ryno Velvet song nie, maar die koor het my dadelik hooked gehad. Binne die eerste luister het ek vir hom gesê ek soek daai tune. Ons het ‘n sessie saam met Richard Onraet (Die Gevaar) by Van Coke Studios gehad, die song bietjie herwerk en dit het “Aande” geword.” sê Francois Van Coke.
“Dis een van die mees verslawende songs wat my ore al ooit gehoor het.” vertel Ryno Velvet.
“Aande” se musiekvideo is by Lucky Rodrigo in Pretoria verfilm deur ETG Creative.
Hier is jou kans om ‘n gratis Francois Van Coke akoestiese vertoning te wen!
Francois roep eienaars, bestuurders, kelners en kliënte van vermaaklikheidsplekke regoor die land om videos te plaas op sosiale media waar hulle die koor van AANDE saam sing terwyl julle yskoue shots Jägermeister geniet.
Om ‘n GRATIS akoestiese vertoning te wen, moet mense Francois van Coke, Jägermeister en die vermaaklikheidsplek op sosiale media tag en hierdie hutsmerke gebruik: #aandefreeshow #JägermeisterSA #BestNights.
Inskrywings sluit 24 Januarie 2025 en die wenner word op 27 Januarie 2025 aangekondig.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.