Van Pletzen & Francois Van Coke het gister hulle splinternuwe enkelsnit, “Kakmal” uitgereik. Die enkelsnit se musiekvideo is ook uitgereik.
Francois van Coke en Peach van Pletzen (Van Pletzen) kom al ‘n lang pad saam. Hul vriendskap strek al oor twee dekades. Dit het alles in 2009 begin toe hulle saam liedjies vir ‘n mal teater produksie genaamd 2-21 geskryf het. Daardie liedjies het ontaard in Oorlog Frankenstein. Peach het toe Van Coke Kartel se Skop, Skiet & Donner album in 2010 vervaardig.
Meer inligting oor hierdie “Kakmal” liedjie
Nou, uiteindelik, het die tyd gekom vir die “vader van Bellville” (Francois van Coke) en die “prins van die Noord” (Peach van Pletzen) om saam te smelt en ‘n MASSIEWE, kakmal liedjie los te laat! Die musiekvideo, wat deur Louis Minnaar gemaak is, is ‘n kakmal fees vir jou oë en brein. Kyk dit hier onder…
Ek dink rerig dat hierdie ‘n kakmal liedjie is, en die Nederlanders stem saam met my. As jy Nederlands kan verstaan, lees hier. Hierdie bring vivid memories terug van Oorlog Frankenstein. Ek was lucky genoeg om ‘n taste van daai te kry toe Francois Van Coke, Wynand Myburgh en Peach ‘n surprise show een laat Saterdagmiddag by Aanklas Hatfield gespeel het (ek dink dit was in 2011 / 2012).
Francois en Van Pletzen sal “Kakmal” vir die eerste keer saam opvoer by Francois van Coke & Vriende Livestream 2020 op 18 September om 8 NM. Maak seker dat jy jou kaartjies kry.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.