Die Ruimte is die 8x SAMA’s-wenner, Francois van Coke, se vyfde solo-album. Hierdie album is nou uit.
Francois het reeds sedert Oktober 2024 hierdie album begin bekend stel met drie gewilde enkelsnitte wat hy redelik kort na mekaar vrygestel het: “Victor Ludorum”, “Aande” met Ryno Velvet en “Gelukkige lewe”.

“Ek het jou meer lief as Die Ruimte,” is iets wat Francois gereeld vir sy kinders sê.
Hierdie woorde het die album se titel geïnspireer. Dit is ook die titelsnit wat later in Maart op radiostasies gehoor sal word.
Die nuwe musiek is indrukwekkend en spreek vanself. Vele sal aanklank vind by die boeiende en eerlike lirieke waarvoor Francois van Coke so bekend en geliefd is. En hierdie vrystelling se beelde sal die verbeelding prikkel.
Francois van Coke beplan ‘n paar musiekvideos wat deur die verloop van die jaar skerms sal sien. Hy skop af met “Sad Man” wat nou uit is op YouTube.
Die Ruimte gaan ook vir ‘n spin in Australië en Nieu-Seeland wanneer Francois daar op toer gaan einde Maart / begin April saam met Die Gevaar en Early B.
Lekker feite oor Francois van Coke se Die Ruimte waarvan jy jou vriende by die braai kan vertel:
Snit 2 – “Die Ruimte”: Francois het hierdie pragtige lied geskryf vir sy twee kinders.
Snit 3 – “Breek”: “Breek” is kragtig en weerloos op dieselfde tyd. Dit gaan oor nie inpas nie. “Act your way past those guards” is ‘n kwotasie uit die fliek, Team Amerika deur South Park se skeppers. “Dit is iets wat ek vir myself sê wanneer ek in ‘n ongemaklike situasie is of wanneer ek soos ‘n ‘imposter’ voel – ‘speel toneel verby die verdediging’,” vertel Francois.
Hoe Francois Snit 4, “Gelukkige lewe”, hoor: “Die song klink vir my amper soos asof Michael Jakson en The Weeknd ‘n liefdesbaba gehad het, ‘n sad song geskryf het oor gelukkig wees, êrens tussen-in Afrikaans geleer het en dit dan opgeneem het saam met die gevaarlikste rock band in Suid-Afrika.”
Snit 7 – “DSK” (Dominee se kind): Studente van Stellenbosch Academy of Design & Photography is besig om ‘n geanimeerde musiekvideo te maak vir hierdie snit.
Francois se gunsteling lirieke kom ook hieruit:
“vir ewig skitterend”
“sterretjies in die duisternis”
“ek wil dit nie veg nie”
“want ek gee nie meer om nie”
“Dit beskryf die fights wat ek in my lewe gehad het en dat ek nie nou meer hoef te baklei met iemand nie, vertel Francois.”
Snit 11 – “Sad Man (Bonussnit)”: Die lied is geskryf uit negatiewe Netwerk24-kommentaar oor die vrystelling van Francois en Annie Klopper se boek, Hoe ek dit onthou (gepubliseer in September 2024). Hierdie boek is tans in sy derde herdruk en was tot einde Februarie op Netwerk24 se topverkoperslys.
Jy kan Die Ruimte HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie on SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.