Francois Van Coke se 4de Solo Album (Kanniedood) is hier. Die album handel oor die tasbaarheid van sterflikheid. Dié album vier die lewe. Dit is ou punk en nuwe pop. Daar is polsende liedjies wat vertonings sal laat pomp; daar is ballades wat meevoer.
Francois Van Coke verduidelik Kanniedood
“Kanniedood is die aanvaarding van sterklikheid, want die dood is onvermydelik. Dit is ook ‘n herinnering om die lewe te vier omdat ons tyd hier min is.”
Hunter Kennedy, vriend, kollega en uitvoerende vervaardiger op Kanniedood, vat die kern van die album goed vas
“Van nihilistiese tieners tot verantwoordelike pa’s is ons al deur baie, maar niks kon ons voorberei op die stres wat die inperking op ons en ons gesinne sou plaas nie. Mense rondom ons het gesterf en soos meeste mense het die eksistensiële krisis in geskop, maar meer as dit was dit die vrees om ons gesinne agter te laat. Kan nie dood gaan nie. Die album verteenwoordig vir my die emosionele wroeging van die afgelope 2 jaar. Aanvaarding van middeljarigheid, filosifeer oor die hiernamaals, konstante vrees en oombliklike katarsis.”
“Nie alleen nie” is die fokus enkelsnit vanaf Kanniedood. ‘n Sintetiseerder dryf hierdie lied oor liefde en isolasie; om ‘n veilige en stil plek te vind weg van die lewe se druk. In die video speel Francois ‘n eensame kuborg in ‘n apokaliptiese wêreld.
Twee enkelsnitte, “Maak Wakker” met Elandré en “SOS” was vooraf vry gestel.
Kanniedood is offisieël bekend gestel by Francois van Coke & Vriende 2022 by SunBet Arena, Time Square in Pretoria op Sondag 25 September (gister). Ek was daar en dit was ‘n lekker ervaring gewees. Ek dink nie ek het al 8500 mense so hard gehoor saamsing nie.
Ek het Vrydag laas week die album geblaas om ‘n gevoel vir dit te kry en ek moet erken dat die een van die beter Afrikaanse albums is van die jaar. Ek het ‘n spesmaas dat Kanniedood op my gaan groei (soos Frannie se eerste solo album alreeds het oor die laaste 7 jaar). Ek nuuskierig om uit te vind wat hierdie WP ondersteuner ons kant toe gaan pass in die volgende paar jaar. Ek is amper seker dit gaan nie ‘n hospitaal pass wees nie.
Jy kan Kanniedood HIER stroom / aflaai.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.