“Maak Wakker” feat. Elandré is die eerste enkelsnit en musiekvideo vrystelling vanaf Francois Van Coke se volgende solo album (Kanniedood) en is nou uit.
Francois en Elandré se paaie het die eerste keer gekruis op ‘n lughawe. “Dit was net na Elandré se viral sukses met “Tougher than the Rest”. Daarna het ons mekaar maar gesien by feeste. Ek het altyd gedink daar is iets baie uniek aan hom.” vertel Francois.
In die musiekvideo vir “Maak Wakker” speel Francois en Elandré twee speurders van die toekoms wat mense wakker maak met die klanke van rock ‘n’ roll. Hulle is ‘n Suid-Afrikaanse weergawe van die Ghostbusters. Die spookrokers.
Die musiekvideo vir “Maak Wakker” is vroëer vanaand uitgereik, kyk dit hier onder:
Jy kan “Maak Wakker” HIER stroom / aflaai. Indien jy gewonder het, Elandré gaan saam met Francois “Maak wakker” opvoer by Francois van Coke & Vriende 2022 by SunBet Arena in Pretoria. Ja mense, COVID-19 is so te sê iets van die verlede en die gewilde show is terug!
Meer inligting oor Francois Van Coke & Vriende 2022
Na twee jaar se afwesigheid slaan Francois Van Coke & Vriende weer SunBet Arena, Time Square se verhoog weer aan die brand op Sondag, 25 September. Francois stel sy vierde solo album (Kanniedood) vry op Vrydag, 23 September, wat dit die grootste sameswering nóg maak!
Hier is 2022 se vriende:
Spoegwolf, Elandré, Early B, Tasché, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Laudo Liebenberg, Jack Parow, Van Pletzen en Hunter Kennedy.
Soos die tradisie loop, gaan die twee uur lange vertoning weereens gepak wees met Francois se bekendse liedjies, die rock treffers wat hy saam met Die Vriende opgeneem het in die verlede, plus lekker nuwe samewerkings, soos “Maak Wakker” met Elandré wat vandag vrygestel is.
Kry jou kaartjies HIER. Staande kaartjies kos R250 en Sit-kaartjies kos R295. Kry meer inligting op die Facebook event bladsy.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.