‘Victor Ludorum’ is die eerste van drie enkelsnitte wat Francois van Coke gaan uitreik voordat hy sy vyfde vollengte album gaan vrystel in Maart 2025.
Francois Van Coke vertel ons waaroor die liedjie gaan
“Victor Ludorum gaan daaroor om minder te ‘probeer’. Om minder te probeer inpas en die game te speel op ander mense se terme.”
In Victor Ludorum kompeteer en verloor Francois Van Coke teen sportsterre Carina Horn (100 meter SA rekordhouer), Damian Willemse (Springbok rugbyspeler), Rassie van der Dussen (Proteas krieketspeler), Ryk Neethling (Olimpiese goue medalje swemmer), Vanes-Mari du Toit (Proteas netbalspeler), Carla Mackenzie (Sundowns sokkerspeler) en Cameron Saaiman (UFC Bantamweight).
Francois Van Coke vertel ons meer oor die video
“Omdat die song gaan oor minder ‘probeer’, het ek gedink dit is snaaks om regtig teen bekende sportsterre te probeer!”
“Dit was fantasties dat hulle my toegelaat het om hul wêrelde te betree. Ek hoop ook mense sal sien dit is nie maklik soos dit lyk nie!”
Check die video vir die liedjie hier onder:
Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai. Lees verder vir nog nuus uit Francois Van Coke-land…
Hoe ek dit onthou is op Nommer 1 in eerste week en word herdruk
In Hoe ek dit onthou het Francois saam met Annie Klopper geskryf oor die gebeure wat hom oor die jare as mens en musikant gevorm het.
In die eerste week na die Hoe ek dit onthou se amptelike verskyning op 27 September, was die boek die nommer 1-topverkoper in Afrikaans. Die boek is skaars uit en – vanweë die groot aanvraag daarna – moet dit reeds herdruk word.
Francois se stories is by tye skreeusnaaks, ander kere verstommend, skokkend of indrukwekkend. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.
Francois van Coke & Vriende 2024 was ‘n moerse sukses
Hierdie jaar se Francois van Coke & Vriende by SunBet Arena (Pretoria) op 4 Oktober het weereens uitverkoop en dit was die beste een ooit!
Hierdie ‘all-stars’ program het Karen Zoid, Spoegwolf, Jack Parow, Early B, Die Heuwels Fantasties, Elandré, Fokofpolisiekar, Tasché, Neon Dreams en Hunter Kennedy ingesluit.
“Francois van Coke & Vriende was ongelooflik soos gewoonlik. Ek hoop om daardie show nog lank te kan doen en dat mense die beste tyd van hul lewe gehad het,” vertel Francois.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategory on SA Music Zone.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.