Dis geen geheim dat Francois van Coke en Die Gevaar iets baie spesiaal beet gehad het toe hulle sy tweede solo album, Hierdie is die Lewe, gemaak het nie. Dit het ‘n tydlose kwaliteit en is een van daardie albums wat vir jare en jare ‘n gunsteling in menige musiekbiblioteke sal bly.
Francois Van Coke se Hierdie is die Lewe album is op 2 Februarie 2017 vrygestel
Die album versamel sedertdien groot lof van aanhangers en media. Die album het op iTunes se nommer 1 posisie afgeskop, het vir ‘n week op nommer 1 gebly en was vir 5 weke op die Top 10.
Die album was vir vyf weke op die SA Top 20 wat op fisiese album verkope gebasseer is en het vir drie weke die top 2 posisies bekleë op Pretoria FM se treffersparade vir Afrikaanse topverkopers, volgens Musica se fisiese album verkope. Die Hierdie is die Lewe plaat is ook NOU by Musica winkels regoor die land beskikbaar.
Ek het Francois Van Coke se tweede album alreeds sat geluister en ek moet erken dat dit een van die bestes van 2017 is sovêr. Hierdie Is Die Lewe is ‘n goeie album want dit bevat liedjies wat baie salig op die oordromme is. Generiese Afrikaanse Pop kunstenaars kan regtig iets by hom leer.
Francois Van Coke se huidige enkelsnit, “Dit raak beter” is al op 34 radiostasies regoor die land gespeel sedert dit op 2 Februarie vrygestel is. Die enkelsnit is tans op verskeie radiostasties se treffersparades te hoor, insluitende Jacaranda FM se SA en Internasionale Top 20’s.
“Dit raak beter” se musiekvideo is al meer as 65 000 keer op YouTube gekyk. Die eerste enkelsnit, “Mensdom” het op 3 radiostasies die nommer 1 bereik en die musiekvideo was nommer 1 op kykNET se Top 20 vir 3 weke in ‘n ry.
Volgens aanlyn-verkope en aanhangers se terugvoering is Die wêreld is mal die gewildste snit op die album. Dit sal Francois Van Coke se volgende enkelsnit en video wees en sal op 11 April uitgereik word.
Julle kan Francois Van Coke by die volgende venues gaan kyk in April 2017:
- 1 April 2017 – Riverside Estate, Middelburg, Mpumalanga
- 14 April 2017 – Lush Festival, Clarens, Vrystaat
- 15 April 2017 – Afrikaans Rock VOL 2, Shimmy Beach Club, Kaapstad
- 17 April 2017 – Parklife Festival, Kaapstad
- 22 April 2017 – Mercury Live, Kaapstad
- 28 April 2017 – Newcastle Winterfees, Kwazulu Natal
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.