Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
      • Photo Of The Week
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar

    Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 5 ViewsJuly 13, 2018
    Share This With Your Friends Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Francois van Coke het vandag sy En Vriende EP (aka “kortspeler”) vrygestel. Die EP het 4 opwindende liedjies op wat Francois saam met sy vriende opgeneem het.

    NetfloristOfferforge

    Dit is al meer as ‘n jaar sedert die ikoniese rocker, Francois van Coke sy tweede solo album, Hierdie is die Lewe, vrygestel het.  En nou is hy terug met waarna sy aanhangers die meeste uitsien – nuwe musiek.

    Met behulp van Red Bull en Jägermeister het Francois ou en nuwe vriende nader getrek om sy En Vriende EP te maak en los te laat. Die kortspeler met vier snitte spog met epiese samewerkings met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B en aKING se voorsanger, Laudo Liebenberg.

    Francois van Coke - En Vriende EP

    Die En Vriende EP se klank is groot. Dit wissel van rock tot punk tot hip-hop wat Francois se diversiteit as musikant onderstreep.  Die idee vir die kortspeler is aangevuur deur die AMP Events produksie, Francois van Coke & Vriende, (in samewerking met kykNET en Jacaranda FM) wat op 15 September 2018 plaasvind by Sun Arena, Time Square in Pretoria.

    “Al vier van die kunstenaars op die EP is deel van die ‘Francois van Coke & Vriende’ produksie. Ek wou hierdie jaar nuwe musiek vrystel voordat ek my derde vollengte solo album uitsit in 2019. Nadat alles lekker bymekaar gekom het vir die show in Pretoria, het dit soos ‘n goeie idee gevoel om saam met van hierdie vriende nuwe musiek te skryf. Met behulp van Red Bull Studios Cape Town en Jägermeister, het ons ‘n EP gemaak wat great klink.  Dit gaan awesome wees om ‘n song soos ‘Altyd lief vir jou’ met Early B vir die eerste keer op te voer by die Sun Arena,” vertel Francois.

    Francois van Coke - En Vriende EP

    Besoek Computicket om kaartjies te koop vir die Francois van Coke & Vriende konsert.

    Hier is die snitlys vir Francois Van Coke se En Vriende EP:

    • “Ek lewe, ek belowe” Francois van Coke & Die Heuwels Fantasties
    • “Altyd lief vir jou” Francois van Coke & Early B
    • “Spaar my asseblief” Francois van Coke & Laudo Liebenberg
    • “Moenie bang wees nie” Francois van Coke & Jack Parow

    En Vriende is by Red Bull Studios in Kaapstad opgeneem deur Fred den Hartog en Dane Taylor. Kyk uit vir ‘n musiekvideo vir die punk snit op die kortspeler, “Ek lewe, ek belowe” met Die Heuwels Fantasties wat op 24 Julie 2018 vrygestel gaan word. Hierdie opwindende vrystelling is ‘n noodsaaklike klankbaan vir die res van 2018, so maak seker jy stroom / koop dit dadelik HIER.

    Ek het die hele En Vriende EP deurgeluister vanoggend en ek moet sê dat al die songs van ‘n baie hoë gehalte is. Ek dink hierdie EP gaan op my groei (soos altwee Francois se solo albums en die nuwe Fokofpolisiekar album het).

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings op SA Music Zone.

    NetfloristOfferforge

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    RAMFest 2025 Desktop 728 Francois van Coke "En Vriende" EP nou beskikbaar
    Afrikaans Die Heuwels Fantasties Early B En Vriende EP Francois van Coke Hip Hop Jack Parow Laudo Liebenberg Rock South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMemory EP released by Cape Town Afro Pop Rockers Stone Jets
    Next Article Plug Music Agency Announce New Artist Management Division
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Francois Van Coke & Vriende 2023
    By Henno KrugerJune 6, 2024

    Francois van Coke & Vriende 2024: Als Wat Jy Moet Weet

    2 Mins Read96 Views
    Francois Van Coke - Ons Het Gewen - BOXOP Victory
    By Henno KrugerJune 11, 2021

    Francois Van Coke reik nuwe enkelsnit uit: “Ons Het Gewen”

    2 Mins Read2 Views
    Julanie J Photo by Willem Botha
    By Henno KrugerSeptember 11, 2020

    Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

    3 Mins Read13 Views
    Francois van Coke 2017 1 by Andre Badenhorst Blackframe Photography MR Francois Van Coke Reik "Die Wêreld Is Mal" Video Uit
    By Henno KrugerApril 11, 2017

    Francois Van Coke Reik “Die Wêreld Is Mal” Video Uit

    3 Mins Read0 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Tino
    May 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    3 Mins Read6 Views
    Jacobus
    May 16, 2025

    Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

    4 Mins Read10 Views
    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
    May 15, 2025

    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    4 Mins Read11 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Alice Phoebe Lou
    May 19, 2025

    Alice Phoebe Lou Releases New Single: “The Surface”

    3 Mins Read11 Views
    Koki The Mic
    May 17, 2025

    Koki The Mic releases new single: “Ra Tsena”

    2 Mins Read5 Views
    Jann Klose
    May 17, 2025

    Jann Klose releases new single: “When I’m With You”

    2 Mins Read7 Views
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read76 Views
    Travis Scott
    March 25, 2025

    Travis Scott is heading to South Africa in October 2025!

    3 Mins Read134 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read53 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.