Afrikaanse musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n splinternuwe treffer van Manie Jackson! Die geliefde sanger het onlangs sy jongste enkelsnit, “My Ou Vrystaat,” vrygestel. Dis ‘n opgewekte lied wat luisteraars op ‘n nostalgiese reis deur die pragtige Vrystaat neem.
Manie Jackson is al meer as twee dekades bekend vir sy uitsonderlike stem en sielvolle vertolkings van liefdesliedjies, country-treffers en volksballades.
Met “My Ou Vrystaat” bring hy ‘n vrolike, dansbare huldeblyk aan sy geliefde provinsie. “Dis ‘n lekker vrolike liedjie, reg vir die vakansietyd, en dit gaan oor die Vrystaat, waar ek al vir die afgelope 10 jaar woonagtig is!” sê Manie self.
Die lied, geskryf deur Manie en Werner Beukes, is opgeneem in Werner se ateljee en word bemark deur Platinum Musiek.
Die snit het reeds radiostasies se speellyste gehaal en het binne ‘n kort tydjie die nommer 1-posisie op IFM 102.2 se Plaaslike Top 30 bereik! “Dit bewys net weer… maak nie saak watter genre hy aanpak nie, hy doen dit voluit en met hart en siel,” sê Marius de Vos (Musiek liefhebber, versamelaar & navorser).
Meer inligting oor Manie Jackson
Manie Jackson se indrukwekkende loopbaan sluit talle toekennings en benoemings in, insluitend ‘n SAMA-toekenning vir die beste country-album en verskeie Huisgenoot Tempo- en Ghoema-benoemings.
Hy het reeds agt ateljee-albums vrygestel, waarvan almal kommersiële sukses behaal het met Goud, Platinum, Trippel Goud en Dubbel Platinum-status. Sy verkope het reeds 350 000 eenhede oorskry, en hy word beskou as een van die topverkopers in die Afrikaanse musiekbedryf.
Sy nuutste enkelsnit, “My Ou Vrystaat,” is ‘n lied wat luisteraars aan die hart sal raak – ‘n regte Blikore-treffer wat Vrystaters en musiekliefhebbers regoor Suid-Afrika sal laat saamsing en dans.
Jy kan “My Ou Vrystaat” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.