Die talentvolle kunstenaar, Rudi Kleingeld, bring sy jongste enkelsnit, “Nuwe Maan”, aan die musiekliefhebbers van Suid-Afrika. Die lied, wat ‘n diep persoonlike betekenis het, is ‘n emosionele reis wat Rudi se innerlike groei, die mag van die maan en die inspirasie van sy seuntjie weerspieël.
“Nuwe Maan” is ‘n simboliese verkenning van die begin van nuwe siklusse en die ritmes wat die lewe dryf. Die lied fokus op die konsep van verandering, groei, en die onvoorspelbare ritme van die heelal – alles ingebed in die beeld van die maan. Dit is nie net ‘n lied nie, maar ‘n intieme refleksie van Rudi se reis as kunstenaar en as pa.
Rudi Kleingeld vertel ons meer
“My seuntjie was ‘n groot inspirasie vir hierdie liedjie. Ek het dit geskryf in sy teenwoordigheid toe hy net drie maande oud was. ‘n Nuwe Maan bring ‘n nuwe siklus, ‘n nuwe seisoen, en my seun is die nuwe seisoen in my lewe. Hierdie lied is spesifiek opgedra aan my Pa.”
Die lied se lirieke, wat saam met die talentvolle Francis Grobler geskryf is, belig die belangrikheid van ritme en vibrasie in die lewe.
Rudi Kleingeld verduidelik
“Alles is vibrasie en ritme… Die lewe is ritme. Die maan bring ritme. Die maan bring lig in die donker en donker in die lig.”
Die produksie van “Nuwe Maan” is deur Rudi en Tertius Human behartig, wat gesamentlik ‘n betowerende klanklandskap geskep het.
Tertius het ‘n onmiskenbare bydrae gemaak tot die wonderlike uitkoms van die lied, en Byron Kuntz het die klanke van die hemelliggame na die lied gebring.
Rudi verduidelik
“As jy mooi luister, sal jy die son, die maan, die see en selfs ‘n wolf hoor… Alles deel van die samehangende ritme wat die lied se energie aansteken.”
Met sy kenmerkende konneksie tot die maan, wat van kleins af deel van Rudi se lewe is, dra hierdie lied die mag van die heelal en die onverwoestbare siklusse van die lewe in hom.
Rudi vertel ons van sy konneksie met die maan
“Ek het altyd ‘n sterk konneksie met die maan gehad, van kleins af het ek die mag van die maan bewonder en het geheime gesprekke met die maan gevoer. Dit is vir my ‘n ongelooflike getuienis van die skepping.”
Die lied is nie net ‘n artistieke uitdrukking nie, maar ook ‘n vorm van terapie. Rudi glo dat “Nuwe Maan” ‘n kragtige rol kan speel in die emosionele heling van mense wat die emosies en boodskap kan aanvoel.
Rudi verduidelik
“Almal van ons krop emosies op. Ek vind dat hierdie liedjie die potensiaal het om soos terapie te wees vir diegene wat dit benodig.”
As deel van die vrystelling, is Rudi verheug om die samewerking met talentvolle kunstenaars soos Francis Grobler, Tertius Human, Vinnie Henrico en Byron Kuntz te deel.
En hoewel “Nuwe Maan” net die begin is, is daar dalk meer op die horison.
Rudi Kleingeld hoop mense geniet sy nuwe liedjie
“Ek hoop nie vir enige spesifieke reaksie nie. Ek glo dit sal aanraking vind met diegene wat die boodskap en emosie kan voel. Beslis, daar sal meer vrystellings wees. Dalk selfs ‘n album… Wie weet?”
Jy kan Rudi Kleingeld se “Nuwe Maan” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.