Die Afrikaanse musiekbedryf word hierdie maand geskud deur die kragtige en diep emosionele vrystelling van Ampie se jongste enkelsnit, “Rooftog”. Die lied is nie net ‘n musikale meesterstuk nie, maar ook ‘n sielvolle refleksie oor verraad, innerlike stryd en die keuse tussen vasgevang bly of vorentoe beweeg.
Volgens Ampie het die titel “Rooftog” spontaan na vore gekom tydens ‘n samewerking met die jong en talentvolle Matthew John Duncan.
“Ek voel Matthew gaan dit nog groot maak in Suid-Afrika. Die skryfproses was ‘n heen-en-weer inspanning, waar ons albei aan idees gewerk het en dit uiteindelik inmekaar gesmelt het tot ‘n volronde storie,” verduidelik Ampie.
Meer inligting oor Ampie se nuwe liedjie
Die lied beeld die realiteit van verraad en agteraf kritiek uit – iets waarmee baie mense kan vereenselwig. “As jy op ‘n brug staan, het jy twee keuses: óf jy spring af in wanhoop, óf jy stap vorentoe en oorwin die situasie. ‘Rooftog’ is ‘n metafoor vir hoe mense jou agter jou rug afbreek, terwyl hulle voor jou maak asof jy die wonderlikste ding op aarde is.”
Met lirieke soos “Sien jy wat ek sien, dis ‘n rooftog” en “Gee my hart terug, ek hoop jy soek nog”, bring die lied ‘n skerp boodskap van emosionele diefstal. “Baie mense dink jy weet nie wat hulle agter jou rug sê nie, maar dis ‘n rooftog – hulle probeer jou gees, jou lig en jou vreugde steel.”
“My gees wil net kleef aan wie ons was” weerspieël die nostalgie en die emosionele gewig van verlore verhoudings en vertroue. Dit vra die vraag: Gaan jy vasklou aan die verlede, of gaan jy vorentoe beweeg?
In die brug van die lied word daar verwys na wolwe – ‘n sterk simbool vir mense of omstandighede wat iemand probeer vernietig. “Wolwe beweeg in ‘n pak en vang hul prooi só. Dit is hoe negatiewe mense werk – hulle groepeer om jou te breek. Maar die vraag is: Gaan jy die stryd verloor, of gaan jy opstaan?”
Vir die produksie van “Rooftog” het Ampie weer saam met die briljante Tertius Human van Coolerbox Studios gewerk.
“Ek rate hom as een van die beste. Ons wou ‘n tydlose lied skep, iets wat nie net ‘n kits-treffer is nie, maar wat verewig kan leef.” sê Ampie.
Die klank van “Rooftog” is ‘n mengsel van world music en adult contemporary, wat dit ‘n internasionale gevoel gee.
Kyk die musiekvideo vir die liedjie hier onder:
Jy kan die liedjie stroom op Spotify en alle ander stromings-platforms.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.