Dit was ‘n warrelwind van ‘n jaar vir Willim Welsyn. Die gewilde Suid-Afrikaanse rocker en liedjieskrywer het onlangs ‘bekroonde podcaster’ by sy vinnig-groeiende CV gevoeg.
Hy het ‘n nuwe seisoen van sy WAT-podcast geloods en aanhangers verras met die bekendstelling van ‘n splinternuwe musiekvideo op sy verjaarsdag op 17 September. Hier is die crib notes van al die cool goed wat gebeur het…
Die video
Herfsheks is die tweede snit van sy nuutste album BLITZKRIEK wat genomineer is as ‘Best Rock Album’ by die 2018 South African Music Awards (SAMA).
Die energieke video vir die snit is verfilm en vervaardig deur Shaun van Wyngaardt, ‘n goeie vriend van die groep, en op Willim se verjaardag op YouTube bekendgestel tot die vreugde van jarelange aanhangers van reg oor die wêreld. Hy beplan ook om nog ‘n video voor die einde van die jaar bekend te stel.
Die Toekennings
Willim Welsyn is op die 11de Mei bekroon met die ATKV Mediaveertjie in die “Luister” kategorie as Beste Aanbieder of Onderhoudvoerder van ’n Joernaalprogram vir sy WAT met Willim Welsyn podcast. Hy is die eerste onafhanklike, self-befondse Suid-Afrikaanse podcaster om ‘n toekenning te verower in hierdie kategorie. Dit word tradisioneel deur media-persoonlikhede van terrestriële radiostasies oorheers.
Hy is ook genomineer as Gunsteling Manlike Kunstenaar by die Ghoema-toekennings – dieselfde seremonie waar BLITZKRIEK genomineer is as Beste Rock Album. Sy album is verder ook genomineer as Beste Rock Album by die SAMAs.
Willim was nog nooit ‘n man vir daai #AwardLife nie, maar dis lekker wanneer harde werk erken word. Die hardeware (en die handige verskoning om ‘n slag ‘n suit aan te trek) is met dank aanvaar.
Willim Welsyn se WAT Podcast
Willim het op die 2de Maart die 150ste episode van die WAT-podcast gepubliseer en aangekondig dat hy vir ‘n paar maande ‘n blaaskans gaan neem. Hy het op die 6de September teruggekeer na die digitale luggolwe met ‘n episode saam met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar, gevolg deur ‘n tweede episode saam met Laudo Liebenberg, hoofsanger en kitaarspeler van aKING. En dis net die begin…
Jy kan Willim Welsyn live vang by een van die venues in Oktober / November 2018:
- 5/6 Okt. 2018 – Food & Wine Festival, Hermanus (saam met Ryno Velvet)
- 11 Okt. 2018 – Bohemia, Stellenbosch
- 24 Nov. 2018 – Karoo Saloon, Route 62 Barrydale
Ek’s nogal spyt dat Willim nie bietjie shows in Gauteng opgeline het nie, maar ek glo ons sal hom seker in die nuwe jaar hier bo sien. Kom ons hou maar duimvas vir nou en drink ‘n dop om sy achievements te vier.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op RWR.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.