Afrikaanse rocker, liedjieskrywer en bekroonde podcaster Willim Welsyn is terug met ’n nuwe musiekvideo vir Die Saad Van Die Onkruid. Die liedjies is op sy 2018 SAMA-genomineerde rock album Blitzkriek. Daar ook nuwe WAT Podcast-episodes, ʼn optrede by Up The Creek en ʼn aanlyn-merch winkel in die pyplyn.
Meer oor die video vir Die Saad Van Die Onkruid
“Die Saad Van Die Onkruid is die eerste song op Blitzkriek, en ook die eerste een wat ek reguit uit my kop uit geskryf het, van begin tot einde, sonder pen, papier of enige musikale begeleiding. Dit was dus uitgedink, eerder as geskryf.
Die lirieke handel oor ’n guitige liefdesdriehoek en ’n vervloekte gesin wat sukkel om te ontsnap uit hulle donker verlede. Ek het gespeel met die idee dat as Quentin Tarantino ‘n arm Afrikaanse filmmaker was, hierdie song dalk op sy eerste film se klankbaan sou kon werk.”
Die musiekvideo is deur Willim (wat ook ʼn gesoute grafiese ontwerper is) self vervaardig. Dis ‘n uitdagende collage-animasie gebaseer op groenskerm-beeldmateriaal wat per toeval gedurende ʼn vorige video-opname verfilm is.
“Toe ons destyds Al Die Cool Kinders se video klaar geskiet het, het ons nog so 20 minute tot ons beskikking gehad by die filmateljee. Ek het ons kameraman Juan Le Roux gevra om die groepslede te verfilm voor die groenskerm met die idee dat ek op ’n latere stadium iets sou kon doen met die beeldmateriaal.” verduidelik Willim
Willim het vir maande lank gesukkel om met ’n konsep voorendag te kom. Hy het eventueel met ou tydskrifuitknipsels begin eksperimenteer om collage-agtergronde te maak.
Elke collage se betekenis het spesiale betrekking op elkeen van die groep se lede met ʼn paar geheimsinnige popkultuur-paaseiers daarin verberg. Die eindproduk is ʼn kompulsiewe kunswerk wat visueel tot lewe kom op die maat van ʼn Moordenaarskaroo-anthem.
Kyk die video vir Die Saad Van Die Onkruid hier onder:
Hierdie is ‘n lekker tune! Behalwe dit, moet ek sê dat ek rêrig lanklaas so goeie musiekvideo vir ‘n Afrikaanse rock song gesien het. Dis iets anders en defnitief ‘n kunswerk in sy eie reg.
Meer inligting oor Willim Welsyn
Willim is in 2018 bekroon met die ATKV Mediaveertjie in die “Luister” kategorie as Beste Aanbieder of Onderhoudvoerder van ’n Joernaalprogram vir sy WAT met Willim Welsyn podcast.
Hy is die eerste onafhanklike, self-befondse Suid-Afrikaanse podcaster gemaak om ‘n toekenning te verower in hierdie kategorie. Die toekenning word tradisioneel deur media-persoonlikhede van terrestriële radiostasies oorheers.
Hy het sedert Desember 2018 ʼn blaaskans geneem om Die Saad Van Die Onkruid video klaar te maak. Die podcast begin weer in alle erns aan die einde van Februarie 2019.
As jy nog nie na Willim se WAT podcast geluister het nie, doen jouself ‘n guns. As jy ‘n fan is van Suid-Afrikaanse musiek sal jy nie teleurgesteld wees nie.
Moenie Willim Welsyn mis by Up The Creek Musiekfees nie
Die groep se eerste optrede vir die jaar vind plaas by die Up The Creek Musiekfees buite Swellendam. Kaartjies is beperk, so jy sal moet vinnig moet spring as jy nog een wil inpalm voor die feesvlae begin wapper die naweek.
Willim se Nuwe Aanlyn-Merch Winkel
Opsoek na ʼn Willim Welsyn of WAT Podcast T-hemp? Jy kan nou ʼn verskeidenheid ontwerpe (grootte S – XXL) aanlyn bestel op die groep se merch-winkel webwerf. Die gerieflike platform is intuïtief om te gebruik en laat jou toe om nuwe ontwerpe te besigtig en te bestel vir aflewering.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.