Kajuitkoors is Fokofpolisiekar se 4-snit antwoord op die algehele malheid wat 2020 is, en dis hier. Die bende het 2020 afgeskop met praatjies oor nuwe musiek skryf. Dis nou al drie jaar sedert die groep hul laaste vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel het. Die idee was om te begin skryf, ‘n versameling liedjies op te bou en dan die vierde vollengte album op te neem en vry te stel in 2021 of 2022. Maar toe gebeur COVD-19. Die Bende het geïnspireer gevoel en kreatief begin raak.
Hunter Kennedy beskryf Kajuitkoors as ‘n “collage van koorsdrome”
“Dis eksistensiële vrees gemeng met paniek en samesweringsteorieë. Ek het weer ‘n haat vir outoriteit aangekweek tydens die inperking. Gevoel asof ons vrylopende mense is op ‘n belasting-plaas. Dit het my herinder aan hoërskool, dus is ek bly dat die EP ook so ‘n 90’s punk/college rock klank het. Daar is ook die required klavier ballade. So, ek dink Kajuitkoors klink soos ‘n mengsel tussen NOFX en Coenie De Villiers.”
Hier is Kajuitkoors se snitlys met beskrywings deur Hunter Kennedy
1. “STFU” –“STFU was basically my go-to gevoel tydens lockdown. Snake hou nie van die “Engelse” chorus nie, maar ek kon aan niks beters dink nie. Die hoeveelheid informasie en opinies het my mal gemaak.”
2. “Raak siek raak gesond” – “Raak siek raak gesond is geïnspireer deur Merwe Marchant le Roux. Ek glo dit is ‘n positiewe mantra. Wat is die ander opsies?”
3. “Ons is die virus” – “Level 5 lockdown in Suid-Afrika het van die strengste regulasies in die wêreld gehad. Daar was ‘n klomp kak wat deur my kop gegaan het. Ek was lus vir ‘n flow of consciousness vibe. So, ek het die kitaar opgetel en gesing wat op gekom het.”
4. “Teen Die Wet” – “Hierdie song is rof vir my. Dit gaan oor die sielkundige effek van die inperking. Ek het al ‘n paar keer trane gestort as ek dit luister en dink aan die horror stories van lockdown wat niks te doen het met die siekte nie.”
As jy die lyrics vir Kajuitkoors wil uitcheck KLIK HIER en as jy die EP wil stream, KLIK HIER. Ek love nog steeds die kak uit Selfmedikasie, maar moet erken dat ek nie ‘n groot fan was van die Droom Hoog EP nie. Ek dink die Kajuitkoors EP is much much better. Ek het actually dit al 3 keer op repeat geluister vandag. Mens kan sommer hoor hoe die kreatiewe juices gevloei het in hierdie weird “klimaat”wat ons in 2020 tot dusver ervaar het.
Goeie nuus is dat die vier Kajuitkoors liedjies is nie waar dinge gaan eindig nie. Fokofpolisiekar het besluit om hul huidige kreatiwe golf te bly ry sodat hulle middel van 2021 ‘n nuwe vollengte album kan vrystel.
Wynand Myburgh lewer kommentaar hieroor
“Ons is in ‘n goeie space creatively en ons het ‘n workflow wat werk. Elke album en benadering sal vir ons verskillend bly. En nou dat ons ‘n nuwe formule het, moet ons rol met dit. Volgende jaar word FOKOF 18 en ons kan nie aan ‘n beter manier dink om dit te vier as met nuwe musiek nie.”
Vanweë die onsekerheid en beperkings rondom sosiale byeenkomste, het Fokofpolisiekar nie enige bevestigde vertonings vir die res van 2020 nie. Maar, hulle is wel aan die praat oor ‘n akoestiese livestream vertoning om 2020 af te sluit op ‘n hoë noot.
Francois Van Coke lewer kommentaar hieroor
“Ons het jare laas ‘n akoestiese vertoning gedoen en ons dink dit kan iets spesiaals wees wat mense regoor die wêreld kan geniet. Mense vra ons nou al lank oor so ‘n performance. Miskien is nou die regte tyd?”
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.