Die Vlaamse se gunsteling Suid-Afrikaner, Stefan Dixon, reik vir die eerste keer in tien jaar `n nuwe Afrikaanse enkelsnit “Vanaand gaan ons terug” uit.
Die Kaapse sanger Stefan Dixon, wie se liedjies in 2012 deur Universal Music South Africa uitgereik was, het in 2014 sy sielsgenoot oor die waters gevolg en woon al vir die afgelope 9 jaar in België. Kort nadat hy in die buiteland gearriveer het, het hy `n duet-enkelsnit ‘Vir nou/Voor nu’, saam met die bekende Belgiese sanger Klaas Delrue, uitgereik.
Stefan Dixon vertel ons meer
“Ons was twee musikante van twee verskillende wêrelde maar het daardie aand uitgevind dat ons op daardie punt byna parallelle lewens gelei het en ons het op daardie selfde aand besluit om ’n liedjie saam te skryf. Klaas het my oortuig om verder in my moedertaal te skryf en einde 2016 het ons die duet ‘Vir nou/Voor nu’, ’n lied wat gesing word in ’n mengsel van Afrikaans en Vlaams, saam uitgereik.”
“Dit was ‘n groot treffer wat die top 20 op Belgiese radio 1 bereik het en was ook een van die top 100 liedjies van 2017 in die Benelux (België, Holland, Luxemburg) area.”
Stefan Dixon het met ‘Vir nou/Voor nu’ onmiddelike erkenning in die Europese musiekbedryf gekry en hy staan vandag bekend as die Vlaamse se ‘gunsteling Suid-Afrikaner’. Die Hollandse musiekfees, ‘Festival voor het Afrikaans’, noem hom een van die belangrikste rolspelers vir Afrikaanse musikante tussen Suid-Afrika, België en Holland.
Stefan Dixon vertel ons nog meer
“België en die Vlaaminge het my met ope arms ontvang. Maar huis is tog mos maar waar die hart is. In Maart 2020 het ek my eerste groot teater toer deur België gedoen en direk daarna sou ek vir die eerste keer in 6 jaar terug Suid -Afrika toe gaan om vir my familie en vriende te gaan kuier.”
“Almal weet hoe daardie maand toe uitgedraai het. As gevolg van die Covid pandemie moes ek my reis met nog 2 lang jare uitstel. Dit was `n baie moeilike tyd, die verlange was groot!” Die nuwe liedjie ‘Vanaand gaan ons terug’ is toe in hierdie tyd van heimwee gebore.”
‘Vanaand gaan ons terug’ is Stefan Dixon se eerste enkelsnit wat hy oor `n tydperk van tien jaar in Suid-Afrika uitreik. Dixon sê dat hy baie opgewonde is oor die liedjie. “Ek gooi daarmee my hart met `n wye boog terug na my geboorteland”.
Jy kan die liedjie hier stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.