Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek

    Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 43 ViewsJuly 26, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Ná agt jaar se ateljee-stilte en ’n oënskynlike uittrede uit die musiekbedryf is die legendariese Laurika Rauch terug met nuwe musiek.

    NetfloristOfferforge

    “Ek het die voorreg van ’n baie lang loopbaan van meer as 40 jaar gehad, maar tree nou al vir geruime tyd nie meer op nie,” sê Laurika Rauch. “Ek kry egter daagliks nog versoeke vir vertonings. As dit enigsins moontlik sou wees, wou ek ’n ‘grootse gebaar’ teenoor die mense wat my en my werk nog steeds en oor soveel jare ondersteun, maak.”

    Laurika Rauch

    Laurika Rauch, wat byna agt jaar laas ’n nuwe liedjie opgeneem het, is saam met die Coleske-Groep aan die werk om ’n versameling nuwe liedjies op te neem.

    Die eerste snit, “Liewe Lewe”, is vandag (die 26ste Julie 2024) uitgereik, met die ander snitte wat een vir een sal volg. Die volledige versameling sal DV teen einde November beskikbaar wees.

    “Ek en Carien Loubser (bekende TV vervaardiger vir ondermeer Die Republiek van Zoid Afrika, JAN en Klanke Van My Hart) het ’n ontbytkuier gehad en sy het my bekendgestel aan die liedjie Liewe Lewe van Christi van Niekerk, ’n jong en talentvolle komponis/sanger.” sê Rauch.

    Ek en Arnold Coleske, Paulo Azevedo en Juan (Floors) Oosthuizen het aan die werk gespring. Dis ’n pragtige, vars en vrolike liedjie met ’n ideale boodskap. Ek beplan om nog ’n paar liedjies van
    jong, maar ook gevestigde liedjieskrywers op te neem. Die versameling sal definitief ook spog met ’n paar vintage – Laurika liedjies,” sê Rauch.

    Laurika Rauch erken dat sy nie doelbewus oor die jare ’n platform vir jonger kunstenaars probeer skep het met samewerkings nie, maar sy is dankbaar as dit wel hulle loopbane gehelp het. “Dit was Arnold Coleske se idee om Christi ook te betrek as ‘medewerkende kunstenaar’ en die toevoeging van haar stem maak ’n pragtige bydrae tot Liewe Lewe”.

    Ander jonger kunstenaars saam met wie Laurika al gewerk het sluit onder andere in, Kurt Darren in sy jonger dae, die bekwame kitaarspeler en vervaardiger Loki Rothman, Die Heuwels Fantasties, Elvis Blue asook die alternatiewe groep Bittereinder.

    Alhoewel sy nog altyd die verhoog as haar eerste liefde beskou het, was die afgelope weke in die ateljee vir haar absoluut vreugdevol en opwindend. “Die hele proses is vir my regtig lekker,” voeg sy by.

    Rauch het ook nou tyd gekry om aandag te gee aan baie ander dinge en belangstellings waarvoor daar nooit tevore tyd was nie.

    Express VPN

    Sy het haar spreekwoordelike ‘huis in orde’ begin kry en haar toekennings, foto’s, memorabilia, musiekargief, artikels en resensies aan NALN (Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) in Bloemfontein geskenk.

    Die omslag van “Liewe Lewe” bevat ’n vrolike skildery wat deur Laurika Rauch se dogter, Nina Torr, gemaak is, gebaseer op ’n foto wat haar pa met ’n bokskamera geneem het tydens haar vyfde verjaarsdagpartytjie. Aanhangers kan uitsien na nóg unieke kunswerke van Nina wat as liedjie-omslae sal dien.

    “Nina het vantevore al tot van my werk bygedra – haar kuns was byvoorbeeld te sien in die boekie van Wals, Wals, Willemien en ook as die omslag van my In duet-versameling op Apple Music. Dis vir my lekker en betekenisvol om saam met my kind te werk.” sê Laurika.

    Laurika Rauch se terugkeer na die musiekbedryf met nuwe musiek is ’n opwindende gebeurtenis vir haar aanhangers en die Afrikaanse musiekgemeenskap. “Ek kan basies nie wag nie!” sê Rauch opgewonde.

    Kyk die video vir “Liewe Lewe” hier onder:

    “Liewe Lewe” is nou beskikbaar op alle stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer. Vind dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Lukraaketaar: Nuwe Musiek 14 Jaar Later
    • Fokofpolisiekar is terug met ‘n nuwe EP: “Kajuitkoors”
    • Riaan Benadé sluit die jaar af met bietjie “Vitamiene See”
    • Frans Karoo is terug met sy nuuste snit “Towerkop”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Laurika Rauch Liewe Lewe South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDwayne from Sunken State at RAMFest 2020 (Photo Of The Week)
    Next Article Riaan Smit Releases New Single: “LTWYL”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read30 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Wonderboom

    WONDERboom: Celebrating 30 years with a WONDERFEST

    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    Journey To Jazz Festival

    Journey to Jazz Festival: 30 April – 3 May 2026

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    VANFOKKINGTASTIES Featured

    VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read38 Views
    Michael Ferguson
    December 9, 2025

    An Interview with Michael Ferguson

    7 Mins Read61 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read25 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.