Die akoestiese musiek duo Lukraaketaar het groot opslae gemaak tydens die ‘Bellville Rock City’ era tussen 2003 en 2008. Pierre Greeff en Alwyn Kotzé was bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke.
Hulle het mekaar jare gelede op Stellenbosch ontmoet en saam begin musiek maak. Greeff beskryf hul lirieke as “sielvolle woorde” en hul musiek as “akoesties met skop”. Die naam, Lukraaketaar, is ‘n kombinasie van twee woorde: lukraak, wat beteken toeval, geluk, na willekeur; en ketaar, wat volgens hulle ‘n woordspeling op “kitaar” en “kommentaar” is.
Die duo se eerste sewesnitkortspeler “Fop Genade” was in 2005 uitgereik en `n selfgetitelde vollengte album “Lukraaketaar” het in 2008 gevolg.
Hul treffers van daardie tyd “Om te kan” en “Taranangi Junkie” is saam reeds meer as sestig duisend keer op YouTube gekyk. Die gewilde DSTV musiek platform MK wat in 2005 begin uitsaai het, het die videos gereeld gespeel en dit het bygedra tot die groep se sukses.
Nou, heelwat meer as `n dekade later, maak Lukraaketaar nuwe musiek.
Twee nuwe liedjies “Verinneweer” en “Hou My” is pas uitgereik. “Dit is nogal lukraak” sê Greeff: “Alwyn se vriend en rolprent regisseur Neil van Deventer het my herinner van die liedjie “Hou My” wat Alwyn seker ‘n goeie 7 jaar terug geskryf het maar nooit opgeneem het nie.
Op daardie stadium het ek net begin skryf aan die liedjie “Verrinneweer” en dit het my dadelik laat voel soos iets wat ons sou saam kon opneem.
‘n Whatsapp boodskap of twee later en ‘n chat oor ‘n bier oor die moontlikheid van weer ietsie opneem saam en siedaar. Opgeneem by die ateljee wat ek, Hunter Kennedy & Fred den Hartog in Kaapstad het TheNothingClub met die hulp van Fred en Loki Rothman as vervaardigers en die twee liedjies het die lig gesien.
Baie heimwee en min moeite is wat julle hier hoor en hopelik sal ons ou en nuwe aanhangers iets lekker uit hierdie melodieë en harmonieë kry.”
“Verinneweer” en “Hou My” is beskikbaar om te stroom / af te laai aanlyn.

Die twee sê: “Miskien maak ons meer, miskien speel ons nog `n show of twee. Vir nou, geniet hierdie nuwe tunes.” Die 2005 biografie lees: In hul musiek sing Pierre laag en Alwyn baie hoog. Dit is nogsteeds so.
Luister “Verinneweer” hier onder:
Luister “Hou My” hier onder:
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.