Frans Karoo onthul sy derde Afrikaanse vrystelling met sy volgende enkelsnit ‘Towerkop’ wat verder opbou tot die vrystelling van sy debuut Afrikaanse album in Januarie 2023.
Frans, wat naam gemaak het as die frontman van Blues Rock-groepe Jet Black Camaro en Gunshot Blue, het sy solo- Afrikaanse musiekloopbaan met die vrystelling van sy debuut-enkelsnit ‘O God‘ in Junie vanjaar bekendgestel. Hy het dit opgevolg met die tweede enkelsnit ’Die Breils’ en stel vandag sy nuutste snit ‘Towerkop’ vry.
Hunter Kennedy is geen vreemdeling in die Afrikaanse Rock mark nie en is bekend as ‘n liedjie skrywer en musikant vir groot bands soos Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties en aKing.
Hunter lewer kommentaar oor Frans Karoo se nuwe liedjie
“Frans is ‘n Boere Shaman. Hy maai gedagtes uit ‘n alternatiewe geskiedenis. Hy verdraai die Karoo horison tot ‘n sinister magiese landskap. Towerkop is ‘n spaghetti western verhaal van ‘n man wat sy einde vind in die arms van ‘n dame van die nag.”
Frans Karoo vertel ons wat ons kan verwag op sy debuut album
“Liefde in die wingerd. Bloed, sweet en trane. Ontdekkingsreise. Druiwe pars. Dans op ‘n Saterdagaand. Rituele, Stofpaaie. Skemer. Tuiskoms. Kampvuur. Druiweoes. Dronk op Groot Marico. Maanlig. Deeg kniel. Boekevat. Kerse. Fakkellig. Verskroeide aarde. Hartseer. Voorouers. Rou. Totsiens sê. Berge. Dorings. Riviere. Swem. Perde. Krale. Natuur. Wen. Donker. Dominee. Kerk. Verloor. Romanties. Hofmaak. Verlief. Bekoor. Seëninge. Senings. Magiese oomblikke. Die onsigbare. Spoke. Strate van die nag. Mynwerkers. God. Ontvlugting. Bot.”
Kyk die liriekevideo vir “Towerkop” HIER. Ek sou dit graag wou embed op hierdie article, maar YouTube tune my dat dit ‘n age-restricted video is, so dit kan nie gebeur nie.
Click maar op die “speel” knoppie om ‘n voorsmakie van die track te luister (as jy nie lou lus is vir videos kyk nie).
“Towerkop” is ‘n goeie teug vars lug diep binne in die longe wat Afrikaanse rock ‘n roll is. Eks moerse nuuskierig om te hoor hoe die res van Frans Karoo se album gaan klink.
Jy kan “Towerkop” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.